‘n Afrikaanse tydskrif het my laas jaar gevra om iets oor ons lewe hier te skryf. Dit sou Junie geplaas word, maar toe tref die virusbeperking die land. Nou verskuif die tydskrif se fokus na Suid-Afrikaanse vrouens. Ek het dit nou teruggetrek.
Want die ou lewe het verbygegaan, wat ek toe geskryf het, voel nou so vreemd. Ek het egter soveel tyd aan die vrae spandeer, dat ek hulle so een een hier gaan antwoord. Net om te voel dat ek nie baie, baie tyd gemors het nie.
O ja, en ek voeg ons nuwe normaal hier in Qazaqstan by wat toe nie eens in ‘n nagmerrie beleef sou word nie.
****
Toe manlief vra of hy die pos in Qazaqstan kan oorweeg, was dit ‘n moeilike besluit omdat ek naby my kinders moet wees om die lewe te geniet. Wat werk betref, kon ek egter maklik ankers lig en saamgaan omdat ek ‘n navorser is. As daar krag en internet is, kan ek my werk op enige plek op die aarde doen. Net so maklik soos in Suid-Afrika.
Of wag, ek jok. Makliker in Qazaqstan, want hier is nie doelbewuste, onregverdige verdeling van krag nie. Onregverdig omdat sekere gebiede nie weet wat dit is om ure sonder krag, waarvoor jy betaal, te wees nie terwyl ander gebiede ‘n nuwe normaal moet ontwikkel om te werk wanneer daar krag is – en te slaap wanneer daar nie is nie. Ongeag of dit dag of nag is. As jy jou navorsing gedoen wil kry, pas jy maar aan.
Ek doen, sedert ek my PhD in 2012 voltooi het, navorsing. Tans doen ek navorsing vir die Universiteit van die Vrystaat oor hoe tegnologie gebruik kan word om onderrig en leer te bevorder. Ek is ook eweknie-evalueerder vir vaktydskrifte soos LitNet Akademies, twee internasionale vaktydskrifte en die NRF. Aangesien elektrisiteitvoorsiening en die internet hier betroubaar is, kon ek maklik oppak en saamkom.
As stigterslid van RSA Onderwysers, ‘n Facebook-groep met meer as 18 000 Afrikaanssprekende onderwysers, maak ek en drie spesiale onderwysers, naamlik Petro Herbts (onderwyseres in Swaziland), Stoffie van Dyk (skoolhoof Suid-Afrika) en Etrecia van der Merwe (pas na Nederland verhuis) daagliks seker dat onderwysers op ‘n professionele manier met mekaar gesels om by mekaar te leer.
Ek het so pas ‘n Afrikaanse webblad, Begaafde Kind Suid-Afrika begin waar ek beoog om gereeld inligting oor begaafde kinders beskikbaar te stel om ouers, onderwysers en kinders te bemagtig om die begaafde kind te verstaan en te ondersteun. Gesels gerus saam.
Ek hou ‘n aanlyndagboek waar ek staaltjies deel om my eendag te herinner aan hierdie avontuur. Die aanlyndagboek het bygedra dat ‘n spesiale groep bloggers, wat as die towerinne bekend staan, my gereeld uitdaag om saam aan ‘n hoofstuk vir ‘n aanlynstorie te skryf. Ek deel foto’s op Instagram (#reisjoernaalcvs, #liefoskemen en #liefqazaqstan) en kort video’tjies op my Youtube-kanaal om die tydperk te boekstaaf.
Laastens, kuier ek en Mia, mede-Suid-Afrikaner, gereeld saam. As ons nie tee in ‘n restaurantjie toets nie, gebruik ons my Thermomix om brood te knie of sop te maak. Die afgelope twee maande doen ek dit in afsondering, maar ek knie gereeld vir Mia en dan ‘ontmoet’ on by die kafee om die ruiltransaksie deur te voer. sy gee die melk en botter en meel, ek skenk die res. En gee die deeg aan.
Ek het ook leer vrugtesap maak, van frambose. Wat ‘n proses, ek het nou sommer ‘n hekel aan frambose. Met al daardie pitjies sukkel ek.
By ons is net kruideniersware plekke en apteke oop.
Restaurante mag aflewer. As ons weet hoe om te bestel. Dus bly ons daarsonder, maar ons koop by Ruslan se bakkery en hy lewer af. Hy is manlief se tolk.
Ons stap so nou en dan Kentucky toe, dit is nou deurloop en deurry. Lekker as ek nie lus is om kos te maak nie.
Hier drink ek tee. Hier is ‘n magdom soorte tee beskikbaar, Qazaqstan kan as die land van teedrinkers beskryf word. Tee word ook van regte vrugte gemaak, ek het nog nie geleer hoe om dit te maak nie, gaan dit my die volgende maand leer doen.
Koffie het eers onlangs vastrapplek gekry. Maar doen sowaar goed.
***
Ek deel dit want ‘n nuwe normaal het op die aarde posgevat.
En dit is ons nuwe normaal hier in Qazaqstan:
Manlief werk sedert die 16de Maart van die huis af.
Dus verander ons hele lewe wat werksure betref. Ek het vir hom ‘n lessenaar na die kamer geskuif, waar hy by die deur uit na die stoep kan werk. Met vars lug om hom, die dae wat die wind waai.
Dit is baie lekker, want ek hou nie meer die horlosie dop om kos twaalfuur gereed te hou nie, tog is die kos elke dag om en by twaalfuur gereed. Mag van die gewoonte? Of honger mense …
Ek werk nou in die kombuis/eetkamer/sitkamer dat ek nie in die pad is as manlief vergaderings het nie. Vergaderings is ‘n ding hoor.
Babelse verwarring as jy my sou. vra.
Ek hoor Engels, dan hoor ek blah blah blah blah (Russies).
Dan hoor ek Engels op die tolk manier van praat, so eentoninge stem …
Elke liewe woord moet getolk word dat almal verstaan.
Ek bak koekies: gemmer en hawermoutkoekies. Manlief geniet dit saam met sy oggend koffie. Ek mag dit nie eet nie.
Ek het uiteindelik probeer om met my Thermomix pizza-deeg te maak. Dit was heerlik, en drie dele daarvan kon gevries word om oor ‘n rukkie weer te maak. Myne is boere-pizza. Die resep is op my blog, ek het die skakel bo gegee. Die deel bo-op die pizza is dik, nie soos spaarsamig soos gekoopte pizzas nie. O ja, die kaas ook.
Die eerste ruk mag ons net elke tweede dag buite ons woonstelle gewees het, om kos en medisyne te koop. Dus het ek dit bykans ongemerk by my verbygegaan hoe ons van die ysige winter (waar die temperature einde Maart nog maklik tot -38C gesak het) in die lente ingeweeg het.
As ons buite kom, is daar meer gras, is die wit met groen vervang. En herinner die natuur my daaraan hoe breekbaar die mens is wat dink hy is so fantasties. Buite gaan die natuur aan, dit word ‘n baie, baie mooier lente as verlede jaar hierdie tyd. En ons is deur ‘n onsigbare virus in ons huise vasgekeer. Nadat die winter dit vir vier en ‘n halwe maande met my gedoen het. Dit was baie, baie dae te koud om buite te stap. Nou kan ons, maar ons mag nie.
Van twee weke gelede af, mag ons in parke en langs die rivier gaan stap.
En o my genade, is dit lekker? Dit voel soos vakansie.
Intussen wonder ek of die nuwe normaal in besighede gaan posvat. Om te verstaan dat mense nie op kantoor hoef te wees om hulle werk te doen nie. Tyd sal leer, maar dit is al lankal my mening dat kosbare ure in verkeer vermors word.
Die nuwe normaal het vliegtuie op die aarde gehou, lande se grense toegemaak en ons lewe verskriklik getref. Om nie na ons kinders te mag gaan wanneer ons wil nie. Ons het ‘n nuwe kleinkindjie in die tyd gekry. My ma het 80 geword. My sus se kind het haar honneurs gekry, maar gradeplegtigheid was haar nie beskore nie. Dit is nie normaal nie …
En toe kry ons weer ‘n nuwe normaal
***
Donderdag, so uit die bloute, is ons grendeltyd opgeskort. Ek het vir my kerk se nuusblad ‘n stukkie daaroor geskryf …
Want … ons het, so uit die bloute, oorgeskakel na die ou normaal.
Mekaar drukkies gegee. En dit geniet. Ek wil iets skryf soos vlieg, virus vlieg.
Want ek het die nare gevoel dat iets nie reg is nie. Maar daaroor gaan ek ander dag skryf.
Oor die nuwe normaal sal ek ook later skryf. Intussen het ek die lekker van die eerste dag oorvertel. Braaivleis op die berg. In ‘n onwerklike werkliheid.
God Is Groot!
Baie interessant om te lees.
LikeLike
Onwerklike werklikheid is hoe dit is! Ek wonder ook of daar nie n slang in die gras is nie. Hier kan dit nie wees nie want hier is nie slange nie. Dan moontlik ruik mens n rot? Rotte word hier gevang en uitgeroei sover hul gaan. Omdat ek steeds kon uitgaan en loop was dit nie te erg vir my gemoed nie. Dit was egter heerlik toe ek weer kontak met my seun en Bea kon maak. Ons is nog nie geheel en al oop nie. Steeds afstande uit mekaar, hande was, en geen meer as tien persone saam nie. Geniet jou vryheid terwyl jy kan. Gelukkig word dit nou warmer daar by julle. Hier is die winter op ons. Gister goed ryp gehad.
LikeLike
Scrapy, ek gaan nooit weer toelaat dat ander mense vir my besluit of ek my gesin mag sien of nie. Hier is ‘n rot, ‘n slang in die gras met die covid ding.
LikeLike
Dis wat ek ook dink.
LikeLike
AL hoe meer mense voel soos jy. Vir my voel dit asof hierdie ‘n toetslopie was om te sien of iets werklik die hele wêrled tot stilstand kon dwing….wie weet wat wag op ons?
LikeLike
Woordnoot, dit voel vir my ook so. Nog erger, waarvoor wag ons? ‘n Entsof wat nie kan werk nie, want die virus het al baie keer gemuteer. Ek lees stories oor wat eintlik die plan is, en dit maak sin. Te veel na my smaak om toe te laat dat ek ingeënt word. Ek was nog nooit so siek aan griep soos die jaar toe ek my daarteen laat inspuit het nie. En ja, is dit nie skrikwekkend dat hulle elke mens so tot sy eie huis beperk het nie. Dat ons, uit vrees, nie by ouers en vriende gekuier het nie. En nou moet hoor dat dokters oneties opgetree het om geld te maak uit die hoeveelheid kere wat covid-19 op ‘n doodsertifikaat staan. Ek het so half verwag dat Sjina se rooi vlag oral gaan oprys, soos ‘n pirate ship s’n. Intussen lê Sjina laag. Iemand baat hierby. Wie is die vraag? Dink ekke.
LikeLike
As jy nou na al die teoriee kyk wys die vinger na amerika en sjina….à la 3e WO sonder skote….maar nou kan mens ook nie alles wat jy hoor glo nie…..ons sal so verward raak. Maar ek is ook nie n groot aanhanger van griep inspuitings nie….maar ja. Onder dwang gaan ek maar elke jaar…
LikeLiked by 1 person
Nê, dit is ook hoe dit voel. En ons almal ly daaronder.
LikeLike
Interessante stuk! Baie interessant dat julle issolasie net sommer opgehef is…
Jy kan seker nie glo jou tydjie daar is byna verby nie. Baie dankie vir al die interessante nuus deur julle tyd daar.
Hoop jy hou aan blog. Baie liefde!
On Mon, 18 May 2020, 04:26 Dr. Christa van Staden, wrote:
> Dr Christa van Staden posted: “‘n Afrikaanse tydskrif het my laas jaar > gevra om iets oor ons lewe hier te skryf. Dit sou Junie geplaas word, maar > toe tref die virusbeperking die land. Nou verskuif die tydskrif se fokus na > Suid-Afrikaanse vrouens. Ek het dit nou teruggetrek. Want die ou” >
LikeLike
Ek gaan beslis steeds gesels, dankie Gedigte. Dalk oor die nuwe lewe in ‘n land wat verwoes word. Hoe mens dit ook oorleef?
LikeLike
Baie interessant en ja daar is beslis ‘n nare agenda agter die sogenaamde virus.
LikeLike
Dromer, ek bid die hele tyd vir vrede.
LikeLike