Ons het die laaste twee weke in Öskemen nie gebraai nie, waarskynlik omdat manlief mos so gou begin pak het. Alles wat in hulle eie bokse kon kom, is in hulle bokse gesit en toegeplak. Die elektriese braai ook.
Lees voort “Braaivleis in Almaty”Etiket: Reisjoernaal
Eerste Maandag in Almaty, laaste Maandag in Öskemen
Ons is nou een week in Almaty. En ek kry nou eers kans (of lus) om hierdie artikel klaar te maak.
Lees voort “Eerste Maandag in Almaty, laaste Maandag in Öskemen”Laaste Sondag in Ust – tyd om koebaai te sê
En net so, voordat mens eintlik regtig besef, is dit die laaste Sondag voor ons Almaty toe gaan. Eintlik, die laaste dag voor ons vlieg. Want, môre-oggend vroeg is ons uit en weg. Vroeg, ja, maar dit sal nie vroeg voel nie. Dit is nou 6:15 en die son sit lekker hoog. Ons gaan net na sewe môre-oggend uit.
Lees voort “Laaste Sondag in Ust – tyd om koebaai te sê”Laaste Vrydag in Ust – Dusty bestyg haar koets
Ek het Donderdag begin skryf, want dalkies sou ek Vrydag glad nie tyd kry nie. Teen Vrydagmiddag vyfuur moet die trok gelaai wees. Om Dusty en ons paar bokse en tasse na Almaty te vat.
Lees voort “Laaste Vrydag in Ust – Dusty bestyg haar koets”Laaste Donderdag in Ust-Kamenogorsk
So staan ek en manlief vanoggend op die laaste Donderdag in Ust op, met ‘n slegte hoofpyn. Die rede daarvoor is, anders as wat baie nou sal dink, nie Covid-19 nie. Ons volg alle protokolle om ons teen virusinfeksies te beskerm.
Lees voort “Laaste Donderdag in Ust-Kamenogorsk”Laat ‘n jonge verkeerskonstabel my vandag bloos
Manlief WhatsApp vanoggend, hy kan nie etenstyd huis toe kom nie, kan ek dalk kossies na die park bring. Die park is tussen die huis en sy kantoor, nader aan sy kantoor en die huis. Ek willig in, het goeie stap nodig.
Lees voort “Laat ‘n jonge verkeerskonstabel my vandag bloos”