Laaste Sondag in Ust – tyd om koebaai te sê

En net so, voordat mens eintlik regtig besef, is dit die laaste Sondag voor ons Almaty toe gaan. Eintlik, die laaste dag voor ons vlieg. Want, môre-oggend vroeg is ons uit en weg. Vroeg, ja, maar dit sal nie vroeg voel nie. Dit is nou 6:15 en die son sit lekker hoog. Ons gaan net na sewe môre-oggend uit.

Hoe ek dink die dag gaan verloop:

Ek dink ons gaan opstaan, skoonmaak, bietjie buite stap om laaste foto’s van Ust te neem, kos soek (O nee, ons het mos van die tolk se bakkery af bestel) en dan gaan my tas gepak word. Die laaste week se klere moet gepak word – en ek is ‘n vrou – dus is daar meer as ‘n week se klere.

Manlief se tasse is gepak. Net sy laaste twee dae se klere is nog nie gepak nie.

Ek moet ‘n foto gaan neem by die I ❤️ Öskemen teken in die stad.

***

Dit is een salige dag. Die son skyn vroeg reeds warm, die voëltjies tsjirp in die bome, die kraaie skreeu hulle kraaibek skreeue en die wind waai die vlag redelik styf op die berg. ‘n Perfekte plaasagtige Sondag. En dit is wat ek gaan mis. Die landelike atmosfeer van hierdie 300 jaar oue stad.

Voel al laat, dus maak ek my toep oop om die Rapport te lees. Ek is gek oor Waldimar Pelser se joernalistieke kuns. Lees dit altyd eerste. Dit is sowaar nog te vroeg. Al lyk dit al soos middag buite, is dit nou eers halfsewe. Dus halfdrie in my geboorteland.

Ek maak toe die Bybeltoep oop om die Bybel te lees. Ek het op 16 April, toe die inperkings hier en in Suid-Afrika verleng is, besluit dat ek die inperking so gaan omkry – die Bybel van voor tot agter lees. Die toep het ‘n plan om dit in een jaar te doen. En ek trek by dag 74 en is besig met Numeri, Lukas en Psalms/Spreuke. Ek hou van hoe dit saamgestel is: Ou Testament, Nuwe Testament en Psalms of Spreuke elke dag. Nie-amptelik is ek by dag 76, twee dae voor. Om op te maak ingeval ek nie internet het nie.

En … moet ek bysê, ‘n behoefte om deur Levitikus en Numeri te kom. Levitikus was moeilik, wet op wet op wet. Ek het nooit besef daar was soveel wette nie.

Toe begin ons om die laaste goedjies te pak. Manlief se skoene maak die tas vol en ek ontdek ek te bietjie meer as wat ek gedink het vir die groot en klein tas gelos.

Ons weet ons gaan moet inbetaal.

Ons eet pizza wat ons van tolk se bakkery bestel het. Altans, manlief eek pizza en ek eet brocolli. Ons vlieg môre, ek kan nie waag om siek te wees op die vliegtuig nie.

Vieruur gaan ons na Shashlick om aandete saam met ‘n ander Suid-Afrikaner en kollega van manlief te eet. Sy vrou sit nou maande in SAl kan nie terugvlieg nie. Sy is voor die winter huis toe (November) om die hele winter daar te bly. Sou Maart terugkom, toe kom befoeter die inperkings wêreldwyd alles.

Dit was so rustig langs die Itish, ons vermoed dit gaan lank wees voor ons weer daar kan sit, die inperkings word weer strenger toegepas. En … as mens van Almaty na Ust gaan … is jy mos ala ekskennis in so mate besmet dat jy twee weke van ander moet wegbly. As hulle maar weet hoe streng die mense in Almaty by sosiale distansiëring inskakel, almal loop met maskers op straat. Die groot winkelsentra is ook oor naweke toe.

Voel soos toe ek nog kinders was. Toe, het winkels Saterdae om 13:00 gesluit en eers weer Maandae oopgemaak.

Na ete het ons gaan stap om my foto (hooffoto) by die #I❤️Oskemen bord te gaan neem. Ust weet ek is lief vir Ust.

Ons tolk bel iewers die aand, hy wil gou iets kom aflaai. Ek sal ‘n spesiale inskrywing daaroor maak.

Ons het vroeg ingekruip omdat ons vroeg moes op wees, maar dei opgewondenheid het die slaap lank weggehou.

Manlief sê sy grootste vrees is dat Dusty op die trok iets gaan oorkom. Ek lag vir hom, hy het te vertelle gehad dat hy baie tevrede is dat Dusty goed gelaai is.

Myne is weer dat goed kan wegraak, die tolk het egter gesê hy sal reël dat iemand spesiaal daar is wanneer Dusty arriveer. Dus kan ek rustig slaap. Buitendien, byna alles wat op die trok gelaai is, kan nie eendag saam teruggaan SA toe nie.

So raak ons aan die slaap voor die optog na Almaty. Ook net baie betyds. As die inperkings weer strenger raak, sal ons nie oor die grense van provinsies kan gaan nie.

Môre trek ons Almaty toe …

Hooffoto: Geneem vanaf ADK ze kant in Ust, op pad na die ete op die Irtish toe.

8 gedagtes oor “Laaste Sondag in Ust – tyd om koebaai te sê

  1. So trek ons saam. En die inwonende spook waai reeds agter by die treklorrie se deur uit vir almal. Waldimar is ‘n legende, nes Dusty. Terloops, ek ken iemand wat Covid-19 repatriasies doen, permitte en vervoer reël, ens.

    Like

      1. Ek het gaan uitvind, sy mag reis en ek sal later vir jou ‘n skakel stuur. Beter as jy my e-pos via my kontakvorm, dan kan ek privaat daarop reageer.

        Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.