In Ust’-Kamenogorsk was dit ‘n stryd om materiaal te koop. Ek kon twee piepklein plekkies opspoor, elkeen met minder as twintig keuses van lap. Tog kan mens ‘n naaimasjien in elke liewe winkel koop, van Sulpak tot Mechta tot Technodom – die groot winkels wat toestelle en huisware en tegnologie verkoop.
Lees voort “Lapwinkel in Almaty Qazaqstan”Etiket: Reisjoernaal
Mens kan sowaar oor vleis in Almaty blog …
Ek het al soveel keer vertel hoe moeilik dit is om vleis in Qazaqstan te koop. En dat mens baie keer slegte verrassings kry. Mens kan op die mark mos so tussen tafels vol vleis deurloop. En by elke tafel koop en betaal jy.
Lees voort “Mens kan sowaar oor vleis in Almaty blog …”As dit soos melkskommel lyk in Almaty
Vanmiddag is ons bank toe. Oorkant die straat by Ramstore. Om na ‘n jaar uiteindelik die toep op my foon in te stel. Dan hoef ek nie teller toe te gaan om te kyk hoeveel geld ek in die bank het nie. Dit gaan toe vinniger as wat ons gedink het. Al het ons en die bankbestuurder mekaar skaars verstaan.
Lees voort “As dit soos melkskommel lyk in Almaty”Mieliepap in Almaty, Qazaqstan
Ons soek al van ons na Qazaqstan getrek het mieliemeel om mieliepap te maak. Manlief is ‘n vreemde spesie, tuis het ek selde pap gemaak. Selfs as ons braai. Hier sal hy sy voortande gee vir mieliepap. Miskien omdat dit eg Suid-Afrikaans is.
Lees voort “Mieliepap in Almaty, Qazaqstan”Voetgangers in Öskemen – algehele vertroue in bestuurders
Ag my aarde, van die eerste keer wat ek in Ust’-Kamenogorsk, of Öskemen, in die noord-oostelike hoek van Qazaqstan aangekom het, het die voetgangers se ongeërgheid my gefassineer. Hier word nie op skool geleer om links, regs en dan weer links te kyk voordat jy oor die pad stap nie.
Lees voort “Voetgangers in Öskemen – algehele vertroue in bestuurders”‘n Diep laai met 32 pare sokkies vir Qazaqstan
Nou die dag stap ons in Arzan, ‘n supermark wat met Suid-Afrika se Metro vergelyk, om kos te koop. In Öskemen.
Lees voort “‘n Diep laai met 32 pare sokkies vir Qazaqstan”