Uitnodiging vir tee saam met Russiese buurvrou in Qazaqstan

In Qazaqstan is Engels 'n vreemde verskynsel. Daarom praat ons hier Afrikaans en kry ek kyke op straat as ek Afrikaans praat. Omkyke. En weerkyke. Want dié taal ken hulle ook glad nie. Toe ons Saterdag op die Kazakhstan koppie is om foto's te neem, verkyk die drie Russe wat daar werk hulle aan ons. … Lees voort Uitnodiging vir tee saam met Russiese buurvrou in Qazaqstan

Prôbleema? In Qazaqstan

Manlief kom elke middag vir middagete. So anders as in die RSA. Gewoonlik kom laai sy drywer hom soggens op en kom laai hom weer saans af. Dan stap hy die twee blokke huis toe vir middagete. En terug. Vanoggend het hy self gery. En die kar daar gelos om vir middagete huis toe te … Lees voort Prôbleema? In Qazaqstan

Sonder BB, Sobek en Shilo, my geliefde Schnauzers in Qazaqstan

My vier Miniatuur Schnauzers, BB, Shilo, Sobek en Sankie sou van die begin af saamkom Qazaqstan toe. Behalwe as my kinders kan help om hulle vir die drie jaar op te pas sodat hulle nie so ver hoef te vlieg nie. Die kinders kon nie, dus het ons R100 000 eenkant gesit en 'n woonstel … Lees voort Sonder BB, Sobek en Shilo, my geliefde Schnauzers in Qazaqstan

Öskemen se Hollywoodagtige monument in die somer

Ek het vanoggend geskryf oor die Hollywoodagtige monument van Kazakhstan op een van die omliggende berge. En ook dat ons vandag teruggaan om somer foto's te neem. Hier is dit dan. Die paadjie daarheen lyk soveel beter in die somer. Met geen sneeu. Die vorige keer het ons saam met een van die Kazakhs en … Lees voort Öskemen se Hollywoodagtige monument in die somer

Die Here se hand in ons koms na Qazaqstan

Ons kan nie anders as om te glo dat die Here ons voorberei het vir die lewe in Kazakhstan nie. En dat dit sy goedkeuring dra dat ons hierheen gekom het. My man is uit duisende ander mynbouingenieurs wêreldwyd op LinkedIn uitgekies en gekontak. Met 'n lang e-pos waarin die aard van die werk verduidelik … Lees voort Die Here se hand in ons koms na Qazaqstan

Spoed- en padreëls in Qazaqstan

Qazaqstan het interessante spoed- en padreëls en bykans almal gehoorsaam dit. In Qazaqstan ry jy aan die regterkant van die pad. Volgens manlief is dit makliker ... Ek weet nie of ek hier wil bestuur nie, voetgangers het voorkeur. Hulle kyk nie links of regs nie, hulle stap net by voetoorgangtekens oor die pad! As … Lees voort Spoed- en padreëls in Qazaqstan