Gepubliseer in Reisjoernaal

‘n Oggend saam met manlief op ‘n gholfbaan in Almaty

In Ust-Kamenogorsk kon manlief nie gaan gholf speel nie. Daar was nie gholfbane nie. Of ek jok, daar was een. By die Nurtau ski-oord naby Ust-Kamenogorsk. Nie juis ‘n plek waar ek ‘n gholfbaan sou bou nie. Die sneeu bedek die aarde daar vir ses maande en dalk selfs langer met ‘n laag van so meter of meer dik. Kan meer wees, ek praat onder korreksie. Maar nie minder nie. Hoe moet die fynbesnaarde gras van setperke sulke uiterste koues oorleef?

Lees voort “‘n Oggend saam met manlief op ‘n gholfbaan in Almaty”
Gepubliseer in Reisjoernaal

Om dringend die regte medisyne in Almaty te koop as jy nie Russies kan praat nie

Ons bly nou twee maande in Almaty. En almal wil weet hoe dit is. Ek sê dan maar net dat ek nog nie kan sê nie, ek is te kort in die stad. En ek mis Ust’-Kamenogorsk ala Öskemen nog te veel om ‘n oordeel te kan maak.

Lees voort “Om dringend die regte medisyne in Almaty te koop as jy nie Russies kan praat nie”
Gepubliseer in Reisjoernaal

Om garing in Almaty te kry is soos om ‘n naald in ‘n hooimied te soek …

Ek het toe die materiaal vir die romp en bloes gekry. En dit lyk my ek het te lanklaas klere gemaak. Want ek stap nooit uit ‘n materiaalwinkel sonder die regte kleur garing in my sakkie nie. Die keer het ek wel. Miskien omdat manlief saam was?

Lees voort “Om garing in Almaty te kry is soos om ‘n naald in ‘n hooimied te soek …”