Na sewe maande van mag nie na my land teruggaan nie, kan ek nie vir jou begin vertel oor die opgewondenheid om permanent huis toe te gaan nie. En dit is uiteindelik naby.
Lees voort “Op pad terug na my land, Suid-Afrika”Etiket: Reisjoernaal
Spesiale vrouens in Almaty groet
Toe ons Almaty toe getrek het, is ek by die WhatsApp-groep vir die Engelssprekende vrouens van die myngroep gevoeg. En so het ‘n hele paar van die wildvreemde vrouens mooi boodskappe gestuur om my in Almaty te verwelkom. En dit was lekker om te weet dat hier vrouens is wat Engels kan praat. In Ust was Engelssprekendes so min soos naalde in ‘n hooimied.
Lees voort “Spesiale vrouens in Almaty groet”Karma is haar naam
Interessant hoe die twee stoute goed in ons lewens vrouename gekry het. Tropiese siklone en die idee dat wat ek aan ander doen soos ‘n boemerang na my gaan terugkom. Goed of sleg.
Lees voort “Karma is haar naam”En so kry Dusty haar wit nommerplate …
Ons het van die begin af geweet dat Dusty ‘n Russiese dame is, dat sy hier gaan moet agterbly as ons huis toe gaan. Ons het haar hier in Almaty gekoop en ek het van die proses vertel om haar op ons naam te kry. En ons het geweet dat dieselfde proses op ons wag as ons haar verkoop, want sy is nou so bykans drie maande terug in Almaty.
Lees voort “En so kry Dusty haar wit nommerplate …”Middagete by McDonalds in Almaty
Onlangs sien ons dat Almaty ‘n McDonalds het. En ‘n dag later is ons lus vir McDonalds vir middagete. Met Dusty by ons is dit maklik, 10 minute se ry daarheen, 20 minute vir bestel en nog tien terug, dan eet ons sommer by die huis. Oor etenstyd.
Lees voort “Middagete by McDonalds in Almaty”‘n Ode aan spesiale vriendskappe tydens my verblyf in Kazakhstan
Ons gaan oor bietjie meer of minder as drie weke huis toe. En ek voel vandag lus om hulde aan ‘n paar vriendskappe te bring. Vriende wat ek hier in die vreemde ontmoet het, mense wat altyd ‘n plekkie in my hart sal hou.
Lees voort “‘n Ode aan spesiale vriendskappe tydens my verblyf in Kazakhstan”