Onlangs sien ons dat Almaty ‘n McDonalds het. En ‘n dag later is ons lus vir McDonalds vir middagete. Met Dusty by ons is dit maklik, 10 minute se ry daarheen, 20 minute vir bestel en nog tien terug, dan eet ons sommer by die huis. Oor etenstyd.
Wat ‘n lekker uitstappie was dit nie?
Die tweetjies, jong man en meisie,
agter die toonbank giggel terwyl hulle ons probeer help. Manlief het vir die jong man gevra of hy Engels kan praat en die antwoord was nee. Maar die spyskaart agter hom was. in Engels en hy het verstaan.
Adien Qazaq. ‘n Dubbele burger vir manlief en adien Coke. Maklik.
Myne was effens moeiliker. Adien Qazaq Chicken. Maklik. Adien kiwi fruit lemonad (lemonade). Hy verstaan nie en dit help nie om na die prentjie te wys nie. Dit staan so op die spyskaart bo teen die muur. Hy Adien grepfruit? my en ek knik my kop instemmend. Ek hou darem op ‘n manier van pomelosap. Adien frie (slap chips). Ek wys groot en hy “bolsjoi” my. Ek verstaan hy verstaan ek wil ‘n groot pak vat.
Hy stap na agter en met sy rug na ons vertel hy die manne daar van die Ingelse wat so pas kos bestel het en dat ons en hulle mekaar reg kon verstaan. Met moeite. Hy moet dit baie, baie snaaks vertel, want die meisie wat by ons agtergebly het, lag skielik uit haar maag uit terwyl sy die bestelling klaar tik en manlief betaal.
Manlief het nie die man se bewegings gevolg nie, is verontwaardig en vra wat is die grap. Sy verstaan gelukkig nie.
Die diens is uitstekend, ons is so gou gehelp dat ons eers kon sit en eet onder die sambrele, met die geluid van voëltjies om ons.
Lank voor een is ons terug in die woonstel, daar was nog tyd om eers te ontspan voordat ons die dag weer aanpak.
Ek kan McDonalds in Almaty aanbeveel. Regte, egte hoender in die burger, geen namaaksels nie. Die Kazakhs is baie erg oor hulle gehalte van kos. Dit is aangenaam om hier te eet.

Foto: McDonalds in Almaty. Weet nie of daar meer as een tak is nie, maar hierdie tak is nie ver van ons af nie. En dit voel so bekend. Lyk bekend.
Ons het Maandag weer gegaan, weer oor etenstyd en weer is ons lank voor een terug by die huis. Dit is maklik die vinnigste diens wat ons al in Qazaqstan gekry het. En die plek se kos is lekker, die mense hou van McDonalds. Nou sal ons nie meer oor etenstyd kan gaan nie, Dusty is verkoop.
Binne is ‘n oulike koffiewinkeltjie McCoffee en koek apart verkoop. Dalk moet ek en Mia dit gaan doen, maar, daar is niks vir kinders om te doen nie. Hierdie “nuwe” normaal bestaan net in politici se drome. Ons gaan verseker nie vir altyd so leef nie.
Nou doen julle goed vir ‘oulaas’.
LikeLiked by 2 people
Ons doen, dit is nogal ‘n lekker gedagte om so stuk-stuk te groet.
LikeLiked by 1 person
en so stapel die “laastes” op
LikeLiked by 2 people
Dit doen, hoor. En ek kan nie wag om die woonstel se deur toe te trek nie. Ek gaan twee geboue se inwoners nie mis nie. Inteendeel.
LikeLiked by 1 person
Julle maak lekker ‘memories’! Klink of dit baie lekker was.
LikeLiked by 2 people
Ons doen, dankie Nikita, en dit was ‘n heerlike uitstappie.
LikeLiked by 1 person