17 Augustus 2020 was die een dag in my lewe wat ek so graag saam met my kinders wou vier. My 60ste verjaarsdag. Die Here het egter ‘n ander plan vir my gehad.
Lees voort “My 60ste sal ek nie lig vergeet nie …”Etiket: Reisjoernaal
As ‘n Covid-19 toets nodig is om terug te kom
Ons vlug was vir Sondagoggend, 4 Oktober om 4:45 bespreek en ons sou dieselfde middag land. Die Covid toetse mag nie meer as 72 uur oud wees vanaf die dag en tyd wat ons land nie. Drie dae. Ek wou die Donderdag al laat toets. Maar manlief en die HR bestuurder het uitgewerk ons moes dit Vrydagoggend laat toets.
Lees voort “As ‘n Covid-19 toets nodig is om terug te kom”Eerste Sondag in kerk na 18 maande in Kazakhstan
Ons het mos die 4de Oktober geland. En toe moet ons twee weke van ons kinders en kleinkinders en naastes weg bly. Net vir ingeval ons ‘n gogga op die vliegtuig kon blyplek in ons lywe gee. Nie dat die staat dit van ons verwag nie, maar ons het dit tog gedoen. Ons bly mos nou permanent en wat is twee weke tussen familie?
Lees voort “Eerste Sondag in kerk na 18 maande in Kazakhstan”Emirates bring ons in gerief huis toe
Manlief het sy werk in Kazakhstan so binne die inperkings voltooi. En ons kon huis toe kom. Dit was een stresvolle week of twee, want Suid-Afrika se grense was nog toe-erig.
Lees voort “Emirates bring ons in gerief huis toe”Laaste week in Almaty
Ek het hierdie artikel ‘n week voor ons uit Almaty is, begin tik. En so hier en daar verder daaraan gewerk. Ons is nou ‘n week en ‘n half terug in Suid-Afrika. Miskien moet ek dit net eers klaarmaak voor ek met iets anders begin.
Lees voort “Laaste week in Almaty”‘n Prettige oomblik in Kaz as ek nog deur die slaap is
Manlief het, so waar as wraggies, drie selfone – ‘n Suid-Afrikaanse een, ‘n Kazakh een waarvoor die werk ‘n sim gegee het en ‘n eie Kazakh een waarvoor hy ‘n sim gekoop het nadat hy hom so drie maande gelede bloedig vererg het [die besonderhede is vervelig, het te doen met limiete op rekenings as mense van die huis af werk, dus vertel ek nie]. Hy het net besluit dat hy sy eie foon nodig het. ‘n Kazakh ene.
Lees voort “‘n Prettige oomblik in Kaz as ek nog deur die slaap is”