Gepubliseer in Reisjoernaal

Aalwyne en ander huisplante in Qazaqstan

Ek dreig al so lank om hierdie artikel te skryf. Toe oortuig Anne, ‘n blogvriendin, se kommentaar op my kommentaar op haar foto my om dit vandag te skryf. Ek skryf oor die stoute sprinkaan wat die blare eet en sy antwoord dat aloes en grasshoppers ‘n wêreld verwyder is van waar ek nou is. Ek is regtig so ver weg, 10 000 km, of is dit nou nadat ons nader getrek het 9000 km?

Lees voort “Aalwyne en ander huisplante in Qazaqstan”
Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Laaste Sondag in Ust – tyd om koebaai te sê

En net so, voordat mens eintlik regtig besef, is dit die laaste Sondag voor ons Almaty toe gaan. Eintlik, die laaste dag voor ons vlieg. Want, môre-oggend vroeg is ons uit en weg. Vroeg, ja, maar dit sal nie vroeg voel nie. Dit is nou 6:15 en die son sit lekker hoog. Ons gaan net na sewe môre-oggend uit.

Lees voort “Laaste Sondag in Ust – tyd om koebaai te sê”