Manlief WhatsApp vanoggend, hy kan nie etenstyd huis toe kom nie, kan ek dalk kossies na die park bring. Die park is tussen die huis en sy kantoor, nader aan sy kantoor en die huis. Ek willig in, het goeie stap nodig.
Lees voort “Laat ‘n jonge verkeerskonstabel my vandag bloos”Etiket: Oskemen
As Oupa en Ouma kinderspeelgoed “mechanic” in Qazaqstan speel …
Ons twee stap verlede week van Dusty se garage af. Waar ons haar gaan bêre het. Agter om die woonstelblokke wat aan ons s’n grens. Om so bietjie uit die son te wees. Hier gaan die son mos nou eers tienuur saans onder. Sesuur skyn hy dus nog soos ‘n warm middagson in Suid-Afrika.
Lees voort “As Oupa en Ouma kinderspeelgoed “mechanic” in Qazaqstan speel …”Qazaqs en baadjies met kappies
Ons het begin Maart 2019 na Öskemen verhuis. Toe was dit nog koud, maar die sneeu het reeds baie gesmelt. Ek het een jas met ‘n kappie gekoop om warm te bly. Op ‘n dag was ons twee in die stad en ver van ons huis toe dit ewe skielik baie koud was. En ons sonder warm goed by ons gevang is. Want hier kan die weer binne bestek van ure van warm na koud verander.
Lees voort “Qazaqs en baadjies met kappies”Reëlings om Dusty in Almaty te kry
Ons het Dusty mos in Almaty gekoop en die 1000 km hierheen met haar gery. Ons sien egter nie kans om die 1000 km terug ook te ry nie.
Lees voort “Reëlings om Dusty in Almaty te kry”Ken jy dit? Piepklein pynappelringe?
Kyk, in Qazaqstan is hier ‘n hele paar dinge wat anders as in Suid-Afrika. En ek ontdek na ‘n jaar en drie maande hier steeds interessante goed.
Lees voort “Ken jy dit? Piepklein pynappelringe?”Om ‘n nuwe woonstel te gaan soek, 1000 km van hier
Manlief is na Almaty verplaas. ‘n Verplasing waarna ek natuurlik begin uitsien, maar heelwat water moes nog in die see loop voor dit kan gebeur. Soos om ‘n woonstel te gaan soek in Almaty.
Lees voort “Om ‘n nuwe woonstel te gaan soek, 1000 km van hier”