Vanoggend herinner my iPad my aan ‘n foto, wat verdere herinneringe meebring. ‘n Vorige keer ‘n soortgelyke foto geneem – op ‘n ander piek van die aarde, ander berg/reeks, ander halfrond, ander klimaat, ander land, ander lewe.
Lees voort “10 000 km uitmekaar – op twee pieke van die aarde”Etiket: Oskemen
Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan
Ons het mos 18 maande lank in Ust’ Kamenogorsk of Öskemen in die noordooste van Kazakhstan gebly omdat manlief in die hoofstad van die oostelike provinsie gewerk. Naby die grens met Rusland (noord), Mongoloë (oos) en Sjina (oos). Laaste drie maande in Almaty. En vandag herinner my iPad my aan hierdie foto van ‘n spanbou.
Lees voort “Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan”En dan vra julle hoe ek in Kazakhstan oorleef het?
Ons het 18 maande in Kazakhstan gewoon. In Ust’-Kamenogorsk (Russies) of Öskemen (Kazakh), die hoofstad van die Oostelike provinsie, wat eintlik eerder noordoostelike Kazakhstan is, want ons het baie naby aan die grens met Rusland, Sjina en Mongolië gewoon.
Lees voort “En dan vra julle hoe ek in Kazakhstan oorleef het?”
Foto-storie #10
Hierdie foto sal my altyd herinner aan een van die bekommerdste tye van my lewe – die tyd toe manlief in Kazakhstan wou gaan werk.
Foto-storie #4
Hierdie foto herinner my aan een van die eerste naweke in Kazakhstan toe ons na die inperkings uit ons woonstelle kon gaan.
Foto-storie #2
Bloguitdaging: Kies ‘n foto uit jou album. Skryf die storie daaragter op jou blog en deel hierdie skakel in die artikel sodat ek daarvan weet. https://christavanstaden.com/2021/02/22/bloguitdaging-foto-storie-1/ Of deel die skakel daarna in die kommentaar van hierdie artikel. Dit kan in Afrikaans of Engels of ‘n ander taal wees. Die fokus is op die storie en nie noodwendig die gehalte van die foto nie. Soms kom die foto swak uit, want daar is ‘n storie agter die foto wat dadelik onthou word.