Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings,Joernaal

In Traktir, ‘n restaurant in Ust’-Kamenogorsk …

Vandag herinner my foon my aan hierdie foto, van my en manlief in Traktir, ‘n restaurantjie in Ust’-Kamenogorsk, ala Öskemen, in Kazakhstan. Geneem op 31 Januarie 2019.

Die menslike hulpbronne bestuurder van die hoofkantoor van die myngroep het saam met my en manlief daar gaan eet toe manlief en ek oor is na Kazakhstan om te kyk of ons in uiterste koue sal kan oorleef.

Ons drie het heerlik gesels. Sy is ‘n Kazakh, maar praat goed Engels en ek en sy het groot vriendinne geraak. Ons het steeds kontak. Sy het ons ook gehelp om ‘n woonstel te kry in daardie week.

Toe ons later in Almaty gaan woon het, het sy ons ook baie gehelp. ‘n Koper vir Dusty gekry, asook vir baie van die meubels wat ons aangekoop het. Sy is ‘n baie spesiale vrou.

Ek het al baie geskryf watter spesiale mense die Kazakhs is. Hulle is vriende lewenslank – al weet hulle dat ons nie weer terug sal gaan nie. Sy is vir my een van die spesiaalste vrouens wat ek daar ontmoet het. Plat op die aarde ten spyte daarvan dat sy ‘n bestuurder is.

Dit is ‘n interessante foto omdat ek en manlief net een keer in die 15 maande wat ons in Ust gebly het, teruggegaan het.

Nie ons idee van ‘n goeie restaurant nie.

Inteendeel.

Daar is soveel ander restaurante wat ons gelok het, met kos en diens.

Ek het wel nog een keer daar gaan eet. Saam met my spesiale Suid-Afrikaanse vriendin – Mia – omdat sy nie daarvan geweet het nie – al het sy ‘n jaar langer as ek in die stad gewoon. Dit was lekker om haar iets nuuts te wys, maar ook sy het geen erg aan die plek gekry nie. Ook nie weer teruggegaan nie.

Vir ons was die kos nie lekker nie, maar die plekkie is wel lekker as jy saam met iemand spesiaals, soos my man, Gulnara of Mia daar eet. Ons het nie saam met vriende daar gaan eet nie, aangesien hierdie plekkie baie laag op ons lys van restaurante was. Eerder hoog op hou liewerste verby.

Die plekkie het ons nie beïndruk nie. Van buite trek die plekkie mens nogal om in te gaan. Seker daarom dat mens meer van die plek verwag het.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

12 gedagtes oor “In Traktir, ‘n restaurant in Ust’-Kamenogorsk …

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.