Gepubliseer in Reisjoernaal

Die vuurpyl effek tussen twee geboue in Almaty

Ek het vertel dat vanuit ons woonstel kyk vier geboue wat soos die hekpale van ‘n imposante woning lyk. Die twee hoë geboue met die geroeste vierkante op die dak, lyk soos die hekpale. En die lang wit geboue, wat rond raak na die hekpaal se kant toe, lyk soos die muur van die ingang. Toe reën dit en moes ons skuiling teen die reën gaan soek.

Lees voort “Die vuurpyl effek tussen twee geboue in Almaty”
Gepubliseer in Reisjoernaal

‘n Stappie word ‘n onverwagte uiteet in Almaty

Vanmiddag nadat manlief gewerk het, vra ek dat ons bietjie gaan stap. Ek is lus om af te stap om te gaan kyk wat tussen die twee geboue ver onderkant ons is. Die twee wat amper soos ‘n hek gebou is, na mekaar gedraai aan weerstante van ‘n straat staan. Amper soos daardie hekke by die ingang van imposante wonings.

Lees voort “‘n Stappie word ‘n onverwagte uiteet in Almaty”