Vanaand is manlief lus om ver te stap om iets te gaan eet. Dan kry ons mos sommer ons suurstofvlakke op, so sê hy. Dit sal 100% wees as ons fiks is. Ons is nie fiks nie, maar 97% is goed genoeg vir my as dit onfiks beteken. Hy is sommer lus om 6 km te stap. Ocean Basket toe en terug.
Lees voort “Local is lekker … in Almaty, Qazaqstan”Etiket: Kazakhstan
Vlooimark-mark-vendusie-effek in Almaty
Van die eerste keer wat ons van Almalty lughawe na die stad gereis het, Januarie 2019, het die lang ry winkels langs die hoofpap op pad in stad toe my gefassineer. Mooi, met modernerige voorkoms.
Lees voort “Vlooimark-mark-vendusie-effek in Almaty”Voetgangers in Öskemen – algehele vertroue in bestuurders
Ag my aarde, van die eerste keer wat ek in Ust’-Kamenogorsk, of Öskemen, in die noord-oostelike hoek van Qazaqstan aangekom het, het die voetgangers se ongeërgheid my gefassineer. Hier word nie op skool geleer om links, regs en dan weer links te kyk voordat jy oor die pad stap nie.
Lees voort “Voetgangers in Öskemen – algehele vertroue in bestuurders”Sonde met die bure in Almaty
Ons woon in ‘n pragtige, groot woonstel hoog in ‘n woonstelblok in Almaty.
Lees voort “Sonde met die bure in Almaty”Vegan roomys by Mado in Almaty
Ek het vertel dat ons nou die aand sommer so na die stap langs die spruitjie by Mado op die hoek by Dostyk Winkelsentrum geëet het. En dat ek sou teruggaan om te proe hoe vegan roomys proe, omdat ek nie roomys kan eet sonder om drie weke lank siek te wees nie.
Lees voort “Vegan roomys by Mado in Almaty”Oggend in President Park, Almaty
Gister besluit ons twee dat ons iets gaan moet doen. Die dae word weke word ‘n maand terwyl ons ingeperk is, manlief moet van die huis af werk. Dit voel soos ewigheid, anders as in Ust waar die weke gevlieg het omdat hy werk en naweke anders is.
Lees voort “Oggend in President Park, Almaty”