Ons is nou twee weke in Almaty. Aan die een kant het die tyd gevlieg, aan die ander kant staan dit stil. Want dit wat ons die graagste wil doen, kan ons nie doen nie. Maar, dat ek dan maar van die pret en petaljes gedurende die eerste twee weke vertel.
Lees voort “Pret en petaljes eerste twee weke in Almaty”Etiket: Kazakhstan
Aalwyne en ander huisplante in Qazaqstan
Ek dreig al so lank om hierdie artikel te skryf. Toe oortuig Anne, ‘n blogvriendin, se kommentaar op my kommentaar op haar foto my om dit vandag te skryf. Ek skryf oor die stoute sprinkaan wat die blare eet en sy antwoord dat aloes en grasshoppers ‘n wêreld verwyder is van waar ek nou is. Ek is regtig so ver weg, 10 000 km, of is dit nou nadat ons nader getrek het 9000 km?
Lees voort “Aalwyne en ander huisplante in Qazaqstan”Ocean Basket in Almaty
Ons het in Maart 2020, net voor die grendeltyd begin het, in Almaty kom toer. Vir ‘n lang naweek. En toe ontdek ons Ocean Basket naby Almaty hotel in ‘n wandellaan. En ja, ons was verras, want is Ocean Basket nie eg Suid-Afrikaans nie? En hier kry ons een in Qazaqstan se hoofstad. Natuurlik moes ons daar gaan eet.
Lees voort “Ocean Basket in Almaty”‘n Diep laai met 32 pare sokkies vir Qazaqstan
Nou die dag stap ons in Arzan, ‘n supermark wat met Suid-Afrika se Metro vergelyk, om kos te koop. In Öskemen.
Lees voort “‘n Diep laai met 32 pare sokkies vir Qazaqstan”Almaty, stad van pragtige sonsondergange
Ons woon op die 14de vloer van ‘n woonstelblok in Almaty. Sedert die 29ste Junie 2020. Ek weet, 8 in Öskemen was al klaar hoog. Veertien is baie hoog. Maar ek kon doodeenvoudig nie vir hierdie uitsig oor Almaty nee sê nie.
Lees voort “Almaty, stad van pragtige sonsondergange”Braaivleis in Almaty
Ons het die laaste twee weke in Öskemen nie gebraai nie, waarskynlik omdat manlief mos so gou begin pak het. Alles wat in hulle eie bokse kon kom, is in hulle bokse gesit en toegeplak. Die elektriese braai ook.
Lees voort “Braaivleis in Almaty”