Terasse Lillet – eetplekkie in Almaty

Hierdie een gaan sommer kort wees. Die eerste ding wat my van die plek opgeval het, is die naam. Dan die rooi kombersies oor elke stoel al is dit somer, met die naam Lillet in wit daarop geborduur. Die naam is vir my interessant.

Dit is so massiewe blok van ons af, maar ek dink dit kan maklik drie blokke wees omdat daar wel strate is wat afdraai na die linkerkant toe. Twee of meer. Dit is egter nie vir die publiek oop nie, dus is dit een baie lang blok om af te stap en opdraende terug, mens kan dus maar lekker eet, die oefening maak op vir die oordadigheid.

Alhoewel die kelnerin ons nie verstaan het nie, het sy wel die bestelling reg verstaan.

Sy het selfs geweet dat ons nie van hier is nie en dus ons kos gelyk wil kry om saam te eet. Dit is tog waarom ons daar is. Al het ek ‘n voorgereg bestel. En manlief ‘n hoofete. Dalk is dit waarom ons ons kos so verskillend kry? Maar nee, dit is beslis ‘n ding in Qazaqstan, jy kry jou kos wanneer dit klaar is.

Baie keer sit ons, as ons saam met ander eet, aan tafel en wag tot almal hulle kos het. Ek sukkel met daardie een en as ek weer sien peusel ek terwyl ander moet sit en kyk. En dit is ook nie lekker nie …

Dus kan ek nie heeltemal verstaan waarom ons nie net ons kos saam kry en saam eet nie.

Ek het gemmertee bestel, manlief vars lemoensap.

Qazaqstan is anders as waaraan ek gewoond is.

As ek ‘n pot tee bestel, kry almal aan tafel koppies, almal drink saam aan die tee. Dus kry manlief ook ‘n koppie, dit is hoe dit werk. Hy moet in elk geval help, ek kan onmoontlik al daai tee opdrink. Intussen het hy geleer om maar saam te drink. En ek kan kies, hy toets maklik saam. Hierdie keer het ek gewaarsku, proe eers, dit is baie, baie soet. Ek het nie geweet dit is so soet nie.

Ek drink geen suiker in my tee nie, hy drink twee. Die keer het hy saamgestem, dit was beslis soet genoeg. Ek skat daar was heuning in.

Siestog, hy is elke keer teleurgesteld in sy hamburger, ek dink hy gaan net hamburgers bestel as ons in Suid-Afrika is. Niks anders nie. Slap skyfies is nie onbekend in Almaty nie, as jy frie vra, kry jy nie soos in Ust een massiewe frons nie. Soms is daar prentjies op spyskaarte, dan kan ek wys wat ek vra. Ek dink Kentucky wat in Ust oopgemaak het, het skyfies na Ust gebring, maar nie oral nie.

Hier in Almaty het die expats lyk my gesorg dat slap skyfies op spyskaarte is. Ons kan dit basies oral bestel.

Ek het hoendersop bestel, met noedels. Het goed sleg gevoel, die lug is verskriklik droog en maak my keel besonder seer. Die sop het my baie, baie beter laat voel.

Seker daarom dat dit hospitaalkos is?

Ek dink ek het al genoem dat mens hier Engelse spyskaarte kry, dus is dit lekker om te bestel waarvoor ek lus is.

Ons sal na die plekkie teruggaan …

Anders as na die een langs hom, op die hoek. Daar was baie tafels oop, maar dit was, volgens die kelnerin, bespreek. Toe ons later terugstap huis toe, is die tafels steeds oop. Hulle kon ons maar gehelp het, ons wou hulle juis beproef.

Dit was die tweede keer wat ons hierdie eetplekkie besoek het. Ons hou beslis daarvan.

So terloops, al die restaurante moet buite bedien, ek dink dit gaan tot die 3de geld. Hier is ‘n ongelooflike vakansiedorp gevoel in die stad, want pappas en mammas kom met die kinders en hulle voetskopfietsies daar aan. Dan speel die kinders terwyl die ouers eet.

19 gedagtes oor “Terasse Lillet – eetplekkie in Almaty

  1. Dit klink vreeslik lekker! Ek dink altyd, julle is braaf om in ‘n land te woon waar min tot geen mense Engels verstaan nie. Ek sou vinnig moedeloos geword het. 😄

    Like

  2. Ek kan goed verstaan hoekom jy gelag het oor die naam – die kos lyk lekker. Ek is bly julle het darem een plek gevind waar julle regtig saam kan eet.

    Like

  3. Ek kan net my geliefde se frustrasie indink as hy moet sukkel om sy vleis en bitter swart koffie te bestel. Nie eens toe hy siek was, kon ek tee in sy keel afkry nie.

    Like

  4. Baie restaurante is “set in their ways”. Val in of val uit. Geen sprake van die kliënt wat altyd reg is nie. Die uitsondering is wanneer die chef ook die eienaar én gasheer is. Dán kry jy prima diens. Ek het so ‘n steakhouse eienaar geken,Carlo. Sy plek,Carlo’s, was soos ‘n eetwa ingerig en was tjok en blok vol van skertsende, dolgelukkige steak-eters wat later bekendes geraak het. Ai,hoe water my mond nou.

    Like

        1. Dit is waarom dit so hartseer is dat dei virus ons lewensvreugde steel. Dit is lang naweek, veronderstel om met een groot fees gepaard te gaan. Die mense is tot hulle huise beperk. Wens ek het verlede jaar meer in volheid deelgeneem en ervaar. Nou sien ek net verlies raak.

          Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.