Ek het hierdie foto van seemeeue in vlug op 25 Januarie 2010 op een van die strande van Fraser eiland, Australië, geneem.
Lees voort “Seemeeue op Fraser eiland, Australië”Etiket: foto-stories
Die spinnekoppe van Australië
Bushboy deel gister ‘n foto van ‘n spinnerak. En ek lewer so ewe kommentaar daarop dat ek – toe ek in Australië was – net foto’s van die webbe geneem het en nie gewag het om die spinnekoppe te sien nie.
Lees voort “Die spinnekoppe van Australië”Tydbomme of tydkapsules?
Ons is mos in die proses om die rivierhuis te verkoop. Aangesien ons die plek sedert 2001 het – en intussen ‘n baie groot stoor opgerig het – is daar baie stoorplek. Nie in die huis nie, maar wel in die stoor.
Lees voort “Tydbomme of tydkapsules?”Die tarentale van ons landgoed
Ons bly op ‘n gholflandgoed in die stad. Regtig in die middel van ‘n stad. En tog hou dit die natuur nie van ons af weg nie.
Lees voort “Die tarentale van ons landgoed”Fietse vir gholfsakke?
Ek dink almal wat my skrywes lees, weet dat ek van gholf hou. Nie om op die TV te kyk as hulle speel nie, ook nie om self te speel nie. Maar om saam met manlief te stap of op ‘n gholfkarretjie te ry terwyl hy speel.
Lees voort “Fietse vir gholfsakke?”Centurion vloed terwyl ons by rivier is …
Gistermiddag het ons so teen drie-uur rivier toe gery. Dit het begin reën toe ons uit Centurion is, maar glad nie hard nie. Tog het dit ons meer as ‘n uur geneem om die stukkie N1 te ry tot by die N14, waar ons eers by ‘n motorhawe moes stop. Die ry-stop-ry is nie so lekker op die blaas nie.
Lees voort “Centurion vloed terwyl ons by rivier is …”