Gistermiddag het ons so teen drie-uur rivier toe gery. Dit het begin reën toe ons uit Centurion is, maar glad nie hard nie. Tog het dit ons meer as ‘n uur geneem om die stukkie N1 te ry tot by die N14, waar ons eers by ‘n motorhawe moes stop. Die ry-stop-ry is nie so lekker op die blaas nie.
Ons wou eintlik kom kyk hoe dit lyk nadat die water so hoog by ons rivierhuis was. En het rustig geslaap, die rivier het baie gesak – dit is weer onder 1 meter hoog. Die huidige reën behoort nie ‘n loed te veroorsaak nie.
Vanoggend is ek nog rustig besig by die rivier, toe ek ‘n video kry wat my buurvrou in ons nuwe meenthuis vir my aangestuur het. Die oefenputjie van die gholfbaan, reg voor die klubhuis, is oorstroom.
Ek kan werklik nie vertel hoe onwerklik dit geklink het nie. Hier sit ons en kyk na die modder wat die rivier agter gelaat het, terwyl dit by ons nuwe tuiste oorstroom!
Goed, ek weet.
Ek het nog nie vertel waar ons tans woon nie. Ons het ‘n meenthuis in ‘n baie klein kompleks in Centurion Gholf Landgoed gekoop. Daar is verskeie redes vir die keuse, maar die beste rede is dat ek en kleinseun elke keer as hy hier kuier ver kan gaan stap sonder dat iemand my voorkeer en wil weet waarom ek so op en af stap.
Dit het my grensloos geïrriteer.
En ons is veilig, motors mag net 30 km/h ry.
Hier stap almal, meestal teen skemer, meestal met hulle woefkinders aan ‘n leiband op die gholfbaan. En jy lees reg, ons mag op die gholfbaan speel as die gholfmanne die baan verlaat!
Dit is ongelooflik vreedsaam en lekker, so al asof ons in ‘n ander wêreld leef.
Toe ons aanbod aanvaar is, het manlief dadelik vir hom ‘n gholfkarretjie gekoop. ‘n E-Z-Go, ek verstaan mens spreek dit uit as eeee-zeee-go (klink dan soos easy go). Die karretjie het eers in die garage gestaan en toe hier langs die motorhuis op sy sleepwaentjie. In onbruik … want sy het skielik ‘n papwiel ontwikkel!
En watter drama was dit nie om die wieletjie te vervang nie? Manlief het die bande by E-Z-Go gaan koop, maar hulle kan dit nie op die “rims” sit nie. Wat is dit in Afrikaans? Gewone plekke wat bande opsit kon ook nie. Uiteindelik kon HiQ dit doen.
Woensdag is die bande uiteindelik geruil. En kon ek en manlief die gholfkarretjie vat en bietjie op die baan gaan ry.
Ons het toe juis op die paadjies langs die putjies onderkant die klubhuis gery, omdat dit so effens ver is vir stap. Ons stap gewoonlik af na die klubhuis en so het ons goeie idee hoe die putjies hierdie kant van die gholfbaan lyk.
Speel het manlief sowaar nog nie gespeel nie en ons bly al meer as drie weke hier. Of is dit nou drie weke? Maar hy ne seun het wel bespreek om volgende Sondag te speel. Of dit gaan gebeur, weet ek nie, want ek vermoed ‘n hele klomp van die putjies van die eerste en tweede nege moet herstel word.
Maar ek wil eintlik van die boodskap van die vloed vertel. My lesers sal my seker nie glo nie, maar ek bly sowaar weer naby ‘n rivier. Die Hennopsrivier wat deur Centurion kronkel.
En hierdie ene het Vrydagnag na al die reën sy walle erg oorstroom.
So, laat die video wat vanuit die lug geneem is, liewer die praatwerk doen …
Voordat iemand bekommerd oor ons is, ons meenthuis is baie ver van die rivier af. Wat die meeste van die tyd eintlik net ‘n spruit is. Ons het nie geweet die Hennopsrivier kan by ons so oorstroom nie, dit het bloot net so gebeur dat die plek wat ons harte gesteel het, baie ver van die water af is. En aan die regte kant van die rivier … anders sou ons sukkel om by ons huisie uit te kom.
Ek kan nie regtig sien of daar huise is wat water gekry het nie, voel of daar moet wees. Want die meeste van die huise daardie kant van die landgoed is naby aan die gholfbaan. Ek vermoed hulle het egter van die moontlikhede van vloede geweet toe die baan uitgelê is.
Hier is so paar foto’s wat ek Woensdag geneem het. Ek wys op die eerste een ‘n kaart van hoe die rivier deur die landgoed kronkel. Die meer/dam is voor die klubhuis.

Die groen water was vir ons onaangenaam. Nou is dit een groot stroom tussen die huise. En die water is skoon, of sal mens skryf skonerig? Glad nie meer groen nie.
En vandag … die water het al baie gesak.

Ek vermoed die baan gaan gesluit word vir skoonmaak en regmaak, dus wonder ek of manlief volgende Sondag sy eerste gholf op die baan sal kan speel. Vir nou is die gholfbaan steeds deel van ‘n rivier. Die Hennopsrivier, wat darem nie Vaalrivier toe gaan nie. Ek dink hy gaan Harties toe. Una?
***
By die rivier het die water mooi gesak, ek twyfel of ons vanjaar gaan oorstroom. Die bestuur van die Vaaldam hanteer die sluise baie goed. Ek moet egter verslag lewer dat die vinkies se derde nessies dit ook nie gemaak het nie. My hart was sommer seer toe ek die oorblyfsels van die nessies sien. die keer is van die onderste nessies weg en die nuwes is verflenter.

Die water was 5 meter hoog, maar ons huis is nog baie veilig as dit so hoog is. Dus is ons vanmiddag terug huis toe om self te kom kyk wat by ons nuwe tuiste aangaan.
***
Rede vir dankbaarheid: Ek weet dit klink nie reg nie, maar ek is werklik dankbaar dat ons huisie ver van die vloedvlakte van die rivier is. Niemand het ons vertel dat dit so kan lyk as die rivier in vloed is nie. Een huisie met potensiaal om te oorstroom is genoeg vir ‘n vrou se hart. Dit is ek wat moet skoonmaak nadat die vissies in die huis kom kuier het.
Soveel water! Ons het daardie water broodnodig hier waar ek woon! Tog is dit interessant om hierdie vloed te sien. Arme vinkies …
LikeLiked by 2 people
Ai Anne, dit is een van die redes waarom ek nie ontsteld kan word as ek soveel water naby my beleef nie. Julle het dit broodnodig, ek is seker julla sal met ope hande en harte verwelkom. Wens ek kon kanaal maak en vir julle stuur.
LikeLiked by 2 people
Julle bly op ń pragtige plek, Christa! Ja jong, die Hennops spoel in die Krokkodil-rivier in en daarna hier reg voor ons in die dam in. Ons kleine estate is ook semi-oorspoel, maar darem nie by die huise nie.
LikeLiked by 2 people
Goeie aarde, Una, ek kon vir jou ‘n boodskapo in ‘n bottel gestuur het as ek geweet het en hier was. Julle huise is darem hoog, maar wie sou so iets kon raai? My sus se meenthuis langs die Hennops het drie-uur in die nag oortsroom, sy verhuur uit. Ons sou daar gehuur het tot ons kry wat ons soek, maar dit is goeie huurders. En ek is werklik dankbaar ons het nie. Ons sou rustig by die rivier gewees het terwyl ons huis hier oorstroom – met al ons meubels in. Soos in 2010 by die rivier.
LikeLiked by 1 person
😉Ons sit hoog en droog op die bultjie, maar die water is oral.
LikeLiked by 2 people
Jy moet foto’s stuur, sal jy? Is die kuierplek onder julle verspoel?
LikeLike
Is julle okay Una?
LikeLiked by 1 person
Hulle is, en net so dankbaar soos ons oor die water.
LikeLike
100% veilig hier, die sluise is almal oop so die dam word goed gemonitor, Toortsie.
LikeLiked by 2 people
Het julle ook sluise? Natuurlik, daar by die damwal.
LikeLike
Die klomp water wat so by die damwal afstort is asemrowend mooi.
LikeLiked by 1 person
Dit is beslis, is daar mense onder julle wat oorstroom?
LikeLike
Nee, hier is almal veilig, die sluise is betyds oopgemaak.
LikeLiked by 1 person
Ek bedoel aan die onderkant van die wal. By ons is die probleem aan die onderkant van die wal as al die sluise oopgemaak word. Una, dit is so mooi as al die water so deur die sluise gaan. Dit laat mens weereens besef dat druppels net druppels is, maar as hulle saamstaan kan hulle selfs huise en damme platstoot.
LikeLiked by 1 person
ons het nog van geen probleme onder die wal gehoor nie, Christa, maar sal jou laat weet.
LikeLiked by 1 person
Mooi!
LikeLiked by 1 person
Sjoe, soveel water …dit lyk eerder of mens ‘n paar “flippers” aan jou voete nodig het, as ‘n golfstok in jou hand! En ek’s bly julle is nou buite die “vloed merk”, maar wat ‘n pragtige plek … hier gaan jy en julle kleinseun darem heerlik kan rondstap!
LikeLiked by 2 people
Dankie, liewe vriendin. Inderdaad so, ons stap die plek plat. En dit is veilig. Hy ry op sy groen plastiese motorfietsie en ouma stap.
LikeLiked by 2 people
Die reën het vrydag baie verwoesting gesaai. Ons is netnou verby jul landgoed en kon sien hoe hoog die water was. (Dis nou vandag Sondag) Daar is n hele strook wat van die Noorde n wolkbreuk beleef het. Groot deel van Wonderboom Sinoville Magalieskruin Montana het erg seergekry. Stukke teerpad is opgelig. Mure en bome het omgeval. Baaskind se man se sportswinkel het oorstroom. Duisende rande se skade aan krieket toerusting. Soos my dogter sê…die planeet is kwaad.
LikeLiked by 2 people
Ai Woordnoot, dit is rof. ek het gesien hoe Centurion deurgeloop het. Verby ons sonder om te koffie, volgende keer sal jy moet inkom.
LikeLiked by 1 person
Sal so maak. Ons kids is in Eldoraigne maar ons kom darem so nou en dan in daai rigting
LikeLike
Bly julle veilig. By ons geen reën of rivier nie…
LikeLiked by 1 person
Maar ‘n see …
LikeLike
Ek is dankbaar dat julle nie oorstroom het nie.
LikeLiked by 1 person
Ons ook vriendin, baie dankbaar dat die wal goed bestuur is. Hier het ek geen kommer nie, dit is bykans onmoontlik vir die rivier om tot by ons huis te kom.
LikeLike
Wielvellings?
LikeLiked by 1 person
Laat ek bietjie kyk.
LikeLike
Sjoe! Soveel water! Julle het darem oneindig baie reen gehad!
LikeLiked by 1 person
Ons het so baie gehad, en vandag lyk alles weer klaar droog. kan jy dit oorvertel?
LikeLiked by 1 person
Ongelooflik. 🙄
LikeLiked by 1 person
Dis nou omtrent ‘n skouspel. Ietwat mooi. Dit maak mens weer bewus van die natuur se krag. Jammer oor die nessies. Ai.
LikeLiked by 1 person
Stem saam, dit is ‘n skouspel, ons staan altyd in ontsag en waardeer.
LikeLike