Ons bly op ‘n gholflandgoed in die stad. Regtig in die middel van ‘n stad. En tog hou dit die natuur nie van ons af weg nie.
Vandag wil ek spesifiek foto’s van die tarentale deel. Veral omdat een van my blogvriende onlangs foto’s van tarentale in Australië gedeel het. En ek toe vir hom vertel het dat die Afrikaanse woord daarvoor ‘n tarentaal is.
Ek hou nogal van tarentale. Al is ek altyd ongemaklik as tarentale langs die pad is. Want hulle kan groot skade veroorsaak as hulle opvlieg wanneer motors naderkom. En ek wil tog regtig nie vir die dood van een van hulle verantwoordelik wees nie.
Ek was op skool ‘n Voortrekker. En ek onthou dat my een span se naam juis die tarentale was. Ek vermoed dit was toe ek in matriek was, maar ek is nie seker nie.
Iedergeval, hier is ‘n groepie tarentale op die landgoed. En hulle is glad nie vir mense wat naby hulle stap bang nie. Seker omdat ons nie naastenby so gevaarlik soos ‘n gholfbal is nie?
In die week stap ek naby twee verby wat in die straat stap. Toe stop ek en neem foto’s, al nader en nader aan hulle. Maar nie te naby nie, ek is maar versigtig vir wilde diere wat mak voorkom. Soms doen diere met hondsdolheid dit, en dan gee hulle jou ‘n byt wat jou dood kan veroorsaak.
Nie dat tarentale hondsdolheid kan hê nie. Dit gee my net genoeg rede om nie te na aan een te gaan nie.
Toe ek verder stap, trek ‘n beweging my aandag. En so waar as wraggies stap die tarentaal al agter my aan. Ek kon nie help om dadelik vinniger te stap nie. Want dit was net ongemaklik dat die agtervolgde die agtervolger word.
Vanmiddag het ek weer gaan stap. Want ek moet mos fiksheidpunte verdien om nie vir my Apple horlosie te betaal nie. En as ek nie Saterdag al begin nie, is dit ‘n probleem as ek in die week nie tyd kry om 100 of 200 punte per dag te verdien nie.
En toe kom ek op hierdie groepie tarentale op die bof van die een putjie af. Ek dink dit is die twaalde putjie.
Weereens het hulle nie vir my pad gegee nie. En kon ek al nader gaan om foto’s te neem.
Is hulle nie pragtig nie?

Ek hou nogal van die seegroen/seeblou nekke, dit steek skerp af teen die kolletjies van die res van die lywe van die tarentale. En die kam-effek op die koppies, wat eerder soos ‘n horinkie lyk. En die rooierige deel bokant die ogies en op die koppies. Kleure wat ek nie self aan een tarentaal sou sit nie, bloot omdat ek nie so kunstig soos die Here is nie.
***
Rede vir dankbaarheid: Om so na aan tarenhtale te kan kom dat ek die foto’s kon neem. In die natuur hardloop hulle baie vinnig vir mens weg. As jy dan nog nader kom, vlieg hulle, maar nie ver nie. Net ver genoeg om van jou af weg te kom.
Jou fotos is baie mooi. Ek is lief vir tarentale en glo jy sal hierdie gedig van Totius ken:
DIE TARENTAAL – Totius (J.D. du Toit 1877-1953)
Die kruiwawiel se skreeugeluid
kerm hy droefgeestig uit
terwyl die skeemring vinnig daal,
die tarentaal.
Hy soek – en dit is ook al laat –
vir hom ‘n kameraad,
om in ‘n boom die eensaamheid
en nag te slyt.
Saam sal hul in ‘n blinkblaarboom
half slaap, half waak, half droom,
en by die naadring van verderf,
alleen nie sterf.
*
Ek het gemik, en met die knal
het een dood neergeval;
die ander vlieg met wilde krag
weg in die nag!
LikeLiked by 2 people
Oe Anne, ek het al so bietjie van hierdie een vergeet. Dankie! Ai, waarom moes hy die een skiet?
LikeLike
Pragtige foto’s Christa. Ons het verlede jaar ‘n paar dae in Die Hel (Gamkaskloof) gaan uitspan en daar was ook tarentale wat die hele Sondag saam met ons op die gras voor ons huisie uitgespan het – glad nie bang nie. Toe ons die volgende oggend daar weg is, het daar ‘n tarentaal veer langs die motor gele en ek het dit saamgebring huis toe as ‘n herinnering van so ‘n rustige dag saam met die voels.
LikeLiked by 1 person
Ek kan ook nie anders as om die vere op te tel en te bewonder nie. Spesiale herinneringe daardie ene.
LikeLiked by 1 person
Thank you Doctor Christa and Sister in Christ. Immediately upon seeing the lead photo I said, oh look at the pretty Guinea Hen! Then the subsequent photos and article made me love them more! I am a huge fan of them and all birds as I do have a routine for many years of feeding them an assortment of seeds and suet daily! I don’t have those beauties in these parts but occasionally can see wild turkeys or pheasants in the area on rare occasion!
Very happy article for me; so thank you again and keep enjoying the surrounding nature there! Amen.
LikeLiked by 2 people
Thanks Lawrence, much appreciated.
LikeLiked by 1 person
Glad to comment and thank you again for the pleasant article! Maybe I should write one about a Pheasant!
Take care!
LikeLiked by 2 people
Yes please
LikeLiked by 1 person
I’ll be thinking about it; imagine an article about a “Pleasant Pheasant,” a good book title maybe for bird-lovers!
I just remembered this patterns essay, and there are cool photos and one in particular applies here! Look at that peacock in the featured image, those birds very rarely have appeared in this region! I know that before human encroachment they and many other bird species were very plentiful.
https://lawrencemorra.com/2021/09/19/the-natural-worlds-patterns/
LikeLiked by 2 people
Imagine what you can do with your description of the pheasant if you take the H away – peasant + God
LikeLiked by 2 people
Hey now that gets me thinking! Going to run that around in my head a while!
LikeLiked by 1 person
Hulle veertjies is regtig kunswerkies – ek hou so van kolletjies.
LikeLiked by 2 people
Ek ook, Frannie, regte kunswerkies.
LikeLiked by 1 person
Jou fotos is pragtig! Hulle is net so Afrika soos ons protea….
LikeLiked by 1 person
Dankie, Ria, hulle is. Sit nooit in die natuur so stil vir my nie …
LikeLike
Thank you, Christa, for this beautiful slice of your life.
LikeLiked by 1 person
Wat n kistelike voël is dit nie.
LikeLike
Dis pragtige voëls. Die ervaring om so naby te kan kom om sulke mooi foto’s te neem is heerlik!
LikeLiked by 1 person
Dit is presies net so, San. Ek waardeer dit so baie.
LikeLike
https://lawrencemorra.com/2022/03/01/seeing-war-in-both-perspective-the-good-and-bad-side-of-it/
LikeLike