Ons was Sondag die 30ste Januarie 40 jaar getroud. Vrydag vertel manlief vir my dat ek ‘n mooi rokkie moet pak, ons gaan bietjie rustig verkeer vir ons 40ste huweliksherdenking.
Lees voort “40ste huweliksherdenking”Etiket: foto-stories
Vissermanne op brug in Istanboel
Ons het in 2019 ‘n paar keer met Turskish Airlines tussen Johannesburg en Ust-Kamenogorsk (Kazakhstan) gevlieg. Dit was heelwat goedkoper as ander rederye. Maar, ons moes heen en weer 16-uur oorstaan op Istanboel in Turkye.
Lees voort “Vissermanne op brug in Istanboel”Simonstad, Wes-Kaap
Nou die dag gesels ek en ‘n onderwyservriend – Philip – op my blog oor somer, son en see en die stede waarvan ek hou, of eerder kusdorpe. En noem hy Simonstad as een van die mooi plekke aan die voet van Tafelberg.
Lees voort “Simonstad, Wes-Kaap”Spesiaal vir my vriend Andrew in Australië
Vandag herinner my iPad my aan ‘n paar foto’s wat ek in Sydney geneem het toe ons hierdie tyd 12 jaar gelede daar was. Alhoewel ek Australië na die Novac Djokovic episode nie weer sal besoek nie, wil ek die foto’s tog deel. Veral omdat dit op Andrew – my vriend in Australië – se voorstoep is.
Lees voort “Spesiaal vir my vriend Andrew in Australië”Karwas in Upington
Valentynsnaweek 2021 het ons die kar gepak en vir die naweek na die Augrabiese waterval anderkant Upington gegaan. Want dit het vir weke gereën en die waterval, wat eintlik selde baie water oor sy afgrond stoot, het in sy volle glorie oor die rotse gestort.
Lees voort “Karwas in Upington”Die wolkmaker van Noordwes
Blogvriendin Aletta het onlangs ‘n foto gedeel van wolke wat reguit die lug ingaan. En ek het geskryf dat dit ‘n vliegtuig se werk moet wees. Wel …
Lees voort “Die wolkmaker van Noordwes”