Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings,Joernaal

Seemeeue op Fraser eiland, Australië

Ek het hierdie foto van seemeeue in vlug op 25 Januarie 2010 op een van die strande van Fraser eiland, Australië, geneem.

Dit is met my Pentax geneem, wat toe nog baie nuut was. Nou is sy al 12 jaar oud en lanklaas gebruik, want my foon is net gerieflik naby.

En sy is ‘n baie swaar dame.

Dit was so verrassend om in ‘n vreemde kontinent op vreemde grond te staan en na sulke bekende voëls te kyk. Al lyk hulle so effens anders in kleur.

Hierdie foto het ek verlede week in Stilbaai, Suid-Afrika met my iPhone XS geneem …

Mooi bly darem maar mooi. Al het ek ‘n heilige ontsag vir seemeeue nadat hulle by ‘n restaurant in Sydney my garnale van die staander tussen my en manlief af gesteel het. Ek het my koud geskrik vir die geveerde gevaarte wat op my kos afgepeil en met die vangs in sy bek weggevlieg het om dit daar te gaan sit en eet. Hulle het toe sosatiestokkies in die kos kom steek opm die gevaartes af te skrik.

En ek wonder nou: Was dit hulle partytjiegrap met besoekers? As hulle geweet het wat werk kon hulle die kos mos so voorgesit het?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

6 gedagtes oor “Seemeeue op Fraser eiland, Australië

    1. Dankie, vriendin. Dit kom nie naby jou foto’s nie, maar wys darem genoeg detail vir iemand soos ek wat net vinnig kliek en aanstap. Vir die laaste een het ek al nader gestap tot die een wegvlieg. Die ander een het my net kwaai aangekyk.

      Liked by 1 person

  1. Mooi foto’s – so dieselfde, maar tog ook verskillend. Ek onthou hoe die seemeeue tydens skool pouses (toe ek in die laerskool was daar aan die Weskus), bo die skoolgronde rond “gehang” het om broodkorsies te eet wat kinders nie wou eet nie 😄. Ek het maar nog altyd fyn rondom hulle getrap (hulle laat my te veel aan daardie fliek “The Birds” van Alfred Hitchcock laat dink) …

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.