Anne vertel vandag in haar prettige inskrywing van die bul (bees) wat op haar stoep kom kuier het terwyl sy op vakansie in die Transkei was. En toe word ek teruggevoer na ‘n soortgelyke ervaring by Dikihlolo, so twee jaar gelede. Ek wil nou nie jou idee steel nie, maar ek moet die ene vertel.
Lees voort “As ‘n eland (ram of bul?) my uitverkies”Etiket: familie
As kleinkinders ouma help huis oppak
Ek het my drie kleinkinders so gemis toe ons in Qazaqstan was. En hulle vir ouma ook. Daarom het hulle vir vier dae en twee oorslapies by ons gekuier, terwyl oupa en ouma huis oppak. Na amper veertien jaar in een huis. En dit was pret!
Heimweë van ‘n plaasdogter
Kreukels en plooie het ons vanuit Nieu-Zeeland uitgedaag om vandag ‘n blog te skryf. So op die wasdag. Oor een van ‘n paar woordtemas. Hier is myne, ek het die plaastema gekies. Vandag dink ek met heimweë aan my grootworddae as ‘n plaasmeisie [my pa het eers plasie by Modderfontein gehuur (geboortde tot einde standerd 4), toe plaas by Chrissiesmeer gekoop (standerd 5 en helfte van standerd 6), toe plot oorkant vendusiekrale by Ermelo gekoop (res van standerd 6 tot ek getroud is) en daarna drie plase op die Amersfoortpad gekoop (nadat ek getroud is tot hy so vyf jaar gelede afgetree het)]. My dae as plaasmeisie is egter nou verweef met my dae as die dogter van ‘n blokman en later slaghuiseienaar [my pas was eers naweke blokman vir iemand anders, het later sy eie slaghuise besit: Witbrickslaghuis op die Potchefstroompad naby Westonarea , Libanonslaghuis aan die ander kant van Westonarea (tot einde van my st 4 jaar) en Ermelo slaghuis (nadat ek getroud is)]. In die res van die vertelling onthou ek grepe uit my kinderdae, soos dit in my gedagtes opgeroep is, dae wat nou met my lewe as die kind van ‘n blokman verweef is. En die herinneringe is nie noodwendig in chronologiese volgorde nie.
Lees voort “Heimweë van ‘n plaasdogter”Ons Duitse herdershonde veroorsaak chaos in straat
Ons het altyd ‘n Duitse herdershond gehad – om ons te beskerm. En dié woefe het gereeld chaos in die staat veroorsaak. Veral as iemand dit sou waag om in die straat te wees as ons by die hek stop om in te kom. Enk dink sommer nou aan twee gevalle.
Lees voort “Ons Duitse herdershonde veroorsaak chaos in straat”
Kleinkindpret by Sun City
Lief my kleinkindseuntjies baie!
Gister wil ek so bietjie op die Lazy River by Sun City se opblaasbande ry, maar sien nie kans om dit alleen dit alleen aan te pak nie. Dollatjie se oudste en middelste speel te lekker by die glybane en wil nie saam nie. Toe beraam ek maar ‘n plan.
Ek, Sun City en my kinders se 30ste verjaarsdae
Ek sal my twee kinders se 30ste verjaarsdae nooit vergeet nie. Nie net omdat hulle my kinders is nie, maar ook omdat beide by Sun City gevier is en beide my hart amper laat gaan staan het weens die teenwoordigheid van ‘n aap of ‘n bobbejaan wat dit te naby na my smaak aan my gewaag het.
Lees voort “Ek, Sun City en my kinders se 30ste verjaarsdae”