Soms vang ek die kritiek van jonger vrouens op ons ouer vrouens op. Veral as mens saam met hulle kuier.
Etiket: expat
Gesplete geel-ertjie frikadelle: Thermomix
Vandat ons hier bly, sien ek die pakke met inhoud wat soos geel pitte lyk op die rakke. Op die pakke staan горох [gorog], wat baie soos marog klink. Die assosiasie met marog het my elke keer vinnig daar laat verbystap.
Lees voort “Gesplete geel-ertjie frikadelle: Thermomix”Macadamias in Ust’-Kamenogorsk
September verlede jaar, toe ons in Almaty, die ou hoofstad van Qazaqstan was, het ek Macadamias op die mark raakgeloop. En dit het my so na Suid-Afrika laat verlang, dat ek dadelik gekoop het. Al is dit nogal baie duur teenoor ander neute wat hier te koop is.
Lees voort “Macadamias in Ust’-Kamenogorsk”Stoepbraai op ‘n afstand in grendeltyd in Qazaqstan
Kyk, ek gaan nie sê dat ek nie oor die grendeltyd in Öskemen hartseer is nie.
Ek is hartseer en regtig baie.
Lees voort “Stoepbraai op ‘n afstand in grendeltyd in Qazaqstan”
Sago in Qazaqstan?
So soek ek die week sago in Qazaqstan. Om die storie te vertel, moet ek egter bietjie agtergrond gee vir die behoefte aan sago, iets wat ek donkiejare laas te ete gehad het.
Thermomix resep vir Russiese lawa-poeding
Ons stad raak al interessanter. Aanvanklik kon ek geen bokskoeke en -poedings opspoor nie, alles word hier van resepte af gemaak. En koekbak was een groot gesukkel, want ek moes eers leer wat meel, bakpoeier en koeksoda, gemmer en botter in Russies is. Botter lyk nie soos die botter wta ek ken nie.