Vandat ons hier bly, sien ek die pakke met inhoud wat soos geel pitte lyk op die rakke. Op die pakke staan горох [gorog], wat baie soos marog klink. Die assosiasie met marog het my elke keer vinnig daar laat verbystap.
Marog is iets waaraan ek kleintyd ‘n geweldige weersin gekry het. Ons hoef dit gelukkig nie te eet nie, my pa vertel die storie dat hy dit as kind verpes het. Die huishulp het gemaak en hulle moes eet. Toe huil hy op ‘n dag dat sy ma tog net moes proe. Sy het, en toe sê sy:
Spoeg, kinders, spoeg!
Daarna was dit van die spyskaart af. Was nooit op my spyskaart nie, ek hou ook nie van spinasie nie. Dit is ook nie op my spyskaart nie. My ma het gemaak, maar ek het as kind weggekom as ek baie min uitgeskep het. Volgens my jonger weergawe wou ek nie arms soos Popeye s’n kry nie. Daai tyd was Popeye groot in strokiesprente in koerante en in boekies. Beslis nie ‘n manier om ‘n meisie te oortuig dat spinasie goed vir haar is nie …
Marog is ‘n tradisionele Suid-Afrikaanse gereg wat van die Amaranthus cruentas plant se groen blare gemaak word. Sien, selfs die naam klink soos Cruella van 101 Dolmations faam.
Ewenwel, ek wil van die gorog hier vertel. Die pak is lankal gekoop, maar ek het geen idee gehad wat dit is nie. So, in die grendeltyd, raak ek lus vir iets anders as die normale kos. Toe gebruik ek maar die vertaaltoep om te kyk wat dit is en hoe ek dit moes gaar maak.
Dit is toe gedroogde geel-ertjies. Die buitenste randjie word afgehaal en daarna word die ronde ertjies per hand of masjien in twee gedeel op die natuurlike vou en dan word dit drooggemaak en verpak.
Om dit gaar te maak, blyk toe ‘n hele proses te wees, want dit moet eers vir 4 ure lank in water geplaas te word om te hidreer. Ek het gereeld gaan proe, was gek oor vars groen ertjies toe ek klein was. Dit proe vars, geen sout bygevoeg terwyl dit uitswel nie.
Maar, die lang wag was die moeite werd.
Daarna kan mens ‘n wye verskeidenheid disse daarmee maak, soppe ingesluit. Aangesien dit vir my onbekend is, het iets soortgelyk aan vleisballetjies gemaak om saam met gebraaide hoender te eet. Hier volg die resep.
Bestanddele
- 250 gram gedroogde geel ertjies (staan vir 4 ure om te swel)
- 1 t komynpoeier (cummin)
- 1 uie, in blokkies gekap
- 1 t koljanderpoeier
- 50 g koekmeel om ‘n degie te vorm
- olyfolie om in te braai
Metode
Gooi die geel-ertjies deur sif om water te skei. Voeg al die bestanddele in die Termomix maatbeter en stel die masjien as volg op:
Tyd: 1 minuut, Spoed: 3, neem op na 8 om fyner te kap en te meng.
Die degie is nie baie goed gevorm nie (kyk foto onder, die kleur is soos in die degie wat in die pan is en nie so wit soos in die eerste foto nie). Die degie is effens losserig van tekstuur [Voeg meer meel by indien jy ‘n stywer balletjie sou verkies], maar moenie te veel meel byvoeg nie. Dit heg goed tydens die bakproses.

Smeer bietjie olie aan hande, skep eetlepels vol in hand, vorm balletjie en druk in pan plat. Ek het stoof op 7 gestel. Bak die platgedrukte balletjies tot goudbruin aan elke kant. Wees versigtig, hulle bak baie vinnig gaar.
Ek het ook balletjies gemaak en hulle in diep olie gebraai. Vinnig gaar, hou maar mooi dop. Die binnekant van die balletjie lyk soos in die foto bo wanneer dit gaar is.
Dit is baie lekker, ook nadat dit oornag in die yskas gestaan het. ‘n Heerlike proteïnryke versnapering in die yskas, en heerlik saam met gebraaide hoender en tamatieslaai opgedien. Of saam met tjippies. Dit is vullend en proe soos vleis.
Ek het al gespeel met geure: koljander blare ingesit, uie, paprika, brandrissies … die keuses is legioen.
Hier in Qazaqstan lyk dit so:

Soos ek verstaan kom hierdie dis van Indië, is geel-ertjies stapelvoedsel daar.
Ek kan dit maklik bo ‘n vleisfrikkadel verkies. ‘n Interessante tekstuur en heerlike smaak. Ek vermoed dit sal rys ook maklik kan vervang as mens dit nie fyn maal nie, maar eerder die water
Ken jy dit? Gesels gerus saam. Terloops, ek het al die groenes op die rakke in Suid-Afrika gesien. Nou wonder ek of dit ook so lekker gaan wees? Of dalk met kekertjies (Chick peas?)
Die marog storie ken ek ook. Ek is nie mal daaroor nie maar dis tog nie te sleg nie. Ek eet natuurlik ook spinasie, Hier word spinasie as slaai(rou) gebruik, In my Food Bag is daar elke week spinasie en afgewissel met ????(nou het ek naam vergeet!) Elke geval die ertjies: My ma het in die winter heerlike ertjiesop gemaak met die gedroogte groen ertjies. Daars meestal n varkpootjie in die sop gekook saam met die ertjies. Dis heerlik. Die hele sakkie gedroogte erjies word oornag geweek voordat dit die hele oggend staan en prut op die stoof. My mond water nou sommer. Hul het die geel ertjies ook hier maar word by internasionale dele verkoop omdat dit nie altyd beskikbaar is nie.
LikeLike
Ek hou baie van rou spinasie, baie lekkerder as slaaiblare, stem saam met jou. Lyk my dit is in oorvloed hier by ons.
LikeLiked by 1 person
Ek moes uiteindelik gaan Google wat ‘n Thermomix is, toe sien ek dis daai kombuistowenaar van Vorwerk. My tannie het een gehad. Ons het ons s’n weggegee; daar’s nie plek nie. Maar ons s’n was Russell Hobbs.
Kaye maak heerlike spinasiebredie maar dit verg ‘n stukkie vet skaap, verkieslik rib. Dít word eers bruin pangebraai sonder olie. Die bredie volg wanneer die vleis eers karakter gekry het.
Ek eet van kleintyd af wat ek kry. Was al vrek honger. Desember 1980 weeg ek 47kg en meet 1.76m. Dankie, PW Botha, dat ons in ‘n Weermagkamp ses weke sonder kos gelaat is. Hulle skuld ons ‘n medalje. Ons het onsself opgeoffer. Ek eet net nie afval nie. Die naam sê wat dit is. Ek het al T-been en fillet binne ‘n lewendige koei gesien, toe ons ‘n draad of ding daar binne gaan soek het.
Keukerertjies word skaars. Na “liberation” produseer Afrika niks.
Ons koop by Atlas Trading in Waalstraat in die Bo Kaap. Dis waar SA se enterpreneurskap in die 1600s begin het. Geskiedkundig. Afrikaans het ook daar ‘n geskrewe taal geword.
Chick peas. Keukerertjes. Dit laat my terugdink aan groenertjies uitdop saam met wyle Ouma Bertha. Vars uit ons eie tuin, ons erf was mos 2,200m².
LikeLike
Ai Pete, dit is nou lekker lees. Ek hou nogal baie van hierdie ertjies wat as yellow split peas bekend staan en blykbaar in Iran en selfs Suid-Afrika bekend. Hoe kon hulle julle so sonder kos los? Dit is mos onaanvaarbaar? Interessante leesstof.
LikeLike
Ek het so pas meer op my blog gesit as jy wou lees.
LikeLike
Hulle was gewoon nalatig.
LikeLike