Gepubliseer in Reisjoernaal

Ust’-Kamenagorsk word 4 Maart 2020 gegrendel

Sedert die eerste nuus ons hier in Qazaqstan bereik het, het ek geweet dat die dag vir ons ook sou kom. Om onder kwarantyn te gaan om die SARS-CoV-2 virus se tentakels te beperk. Die probleem is nie dat dit mense siek maak nie, maar eerder dat mense ander aansteek nog voordat hulle self weet dat hulle siek is.

Lees voort “Ust’-Kamenagorsk word 4 Maart 2020 gegrendel”

Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Lente in Ust’-Kamenogorsk

Dit is nog baie, baie, baie koud. Die sneeu het vir vier maande dik oor die aarde gelê. En as dit een dag sneeu, het dit soos op die hooffoto gelyk. Wondermooi. Vrekkoud. My vingerpunte het ligte vriesbrand opgedoen toe ek buite was en hulle nie mooi beskerm het nie. Omdat ek nie besef het dat mens in ses minute vriesbrand kan opdoen nie.

Lees voort “Lente in Ust’-Kamenogorsk”

Gepubliseer in Reisjoernaal

Sneeuspykers: die lekker wat ek nie wou toets nie

As die temperatuur laer as -15ºC raak, weier ek om uit te gaan. Dit was laas jaar blykbaar gereeld laer as -20ºC. ‘n Onmenslike temperatuur om buite te wees. My oogballe word dan selfs koud. En lank nadat ek terug in die huis is, voel ek dit steeds as ek my ooglede toemaak. Die ysige koue oogballe, so koud dat dit my ooglede koel maak.

Lees voort “Sneeuspykers: die lekker wat ek nie wou toets nie”