September verlede jaar, toe ons in Almaty, die ou hoofstad van Qazaqstan was, het ek Macadamias op die mark raakgeloop. En dit het my so na Suid-Afrika laat verlang, dat ek dadelik gekoop het. Al is dit nogal baie duur teenoor ander neute wat hier te koop is.
Ek het dit intussen nie in Ust’-Kamenogorsk gesien nie. Gister stap ons mark toe om groente te koop, en appels en rosyntjies, want ek wil gemmerbier maak. Rapport het juis Sondag ‘n resep daarvoor gehad. En toe loop en die Macademias raak.
Die eerste keer wat ek ‘n Macademia geproe het, was ons in Kwa-Zulu Natal op vakansie. En toe is daar vir ons vertel dat Macadamias nuut op die mark is. Natuurlik nuut, ander sou ek dit mos geken het. En ek was dadelik versot op die smaak van hierdie neute. En volgens my was dit ‘n Suid-Afrikaanse produk.
Ek moes dadelik koop. Dit het nie vir my duur gevoel nie, 5000 tenges per kilogram. Vandag toe ek kom somme maak, sien ek dat dit eintlik duur is. R223.00 per kilogram. En soos ek op Google verstaan, is dit ook nie duur nie, Macadamias verhandel teen $23, wat beteken dat dit tans so byna R460 per kilogram kos, in Suid-Afrika se Rand wat sy alie teen die dollar sien as gevolg van die Covid-19 maatreëls.
Mens moet in gedagte hou dat dit eintlik baie geld vir ‘n neut in ‘n dop is, omdat die doppe redelik swaar is, dus het ek ‘n hele paar rand vir leë doppe betaal. Ek het darem net 2000 tenge se neute gekoop, dus vir R89. En dit is lankal opgeëet.
Vandag gaan lees ek ewe opgewonde oor Macadamias, want ek kon sweer dit is ‘n Suid-Afrikaanse produk. Toe nie. Volgens Wikipedia kom die Makadamia neut van ‘n inheemse Australiese boom. En raai wat? Dit is familie van Proteas, of Proteaceae.
As dit familie van die Protea is, moet dit ook in Suid-Afrika voorkom en groei, want Australia en Suid-Afrika was een keer baie lank gelede aanmekaar vas. Dus sal dit wat in Suid-Afrika groei, ook in Australië te kry kan wees.
Ewenwel, was ek verras om te lees dat Amerika van 1953, toe die bome daar gekweek is, tot 1997 die grootste Produsent van Macadamias was, al is dit eintlik ‘n produk van Australië. Toe besluit Australië om die grootste produsent te word. En Suid-Afrika besluit toe om Australië te onttroon. Op Wikipedia het Suid-Afrika van 2012 tot 2015 oorheers, maar ek sien dat Suid-Afrika steeds die grootste produsent van hierdie neut is.
Dus was ek nie ver verkeerd toe ek gedink het dat dit ‘n Suid-Afrikaanse produk is nie …
Hier word Macadamias egter anders verkoop as wat ek in Suid-Afrika gewoond is. Daar koop mens dit ontdop, ek kan nie eerlik sê dat ek dit al ooit in die dop gekoop het nie. Want sien, hoe kry mens dit dan uit die dop uit?
Wel hier het die Macadamia dop ‘n gleufie in. Amper soos in ‘n spaarbussie. Dan kry jy ‘n silwer gereedskappie (key) waarmee jy die dop maklik oopmaak. Dit lyk soos ‘n sleutel, jy druk die punt in die sleutelgat en draai en oop is die neut.

Ek kan dit doen, dan moet jy weet dit is maklik. Ek kan nie ‘n bottel oopdraai nie. Ek kan wel ‘n sleutel in ‘n sleutelgat afbreek (oeps) en dit gebeur ook nie met hierdie doppe nie. Hoe oulik is dit?
Toe lees ek verder en is ek selfs meer verras. Hierdie neute wat so te koop is, is reeds gebraai en gesout. Ek was nogal verbaas oor die smaak, het gedink dit is net my smaakknoppies wat voel of ‘n feëtjie haar towerstaf daaroor geswaai het.
Toe nie. Dit is reeds so in die dop gebraai en gesout. Moet sê, in vandag se terme verkies ek dit toe in die dop. Sal maar met hamer probeer oopslaan, eerder as om te weet dat dit op ‘n manier oop was.
En ek weet nie of die mense wat daarmee gewerk het, gesond was nie. Ook nie of iemand daaroor asemgehaal het of gehoes het nie. Dan besluit ek mens het net ‘n sprong in geloof nodig.
Soos ons predikant Sondag preek: Daar is genoeg negatiwiteit, dit is tyd dat ons die draers van lig word. Hier is my liggie dan.
Dit was hemels …
Al is hulle duur, hulle is my gunsteling neut.
LikeLike
Inderdaad, Anne, hoeveel kos hulle in SA?
LikeLike
Ek sal moet wag tot ons weer die winkels kan deurloop: ons naaste supermark het bitter min neute op die oomblik.
LikeLike
Ek dink dit is een soort voedsel wat mens kan koop om die maag te stil. Wat dink jy? Want ons gril nou om vleis te gaan koop.
LikeLike
Ek hoop ek sê nou reg.
Ek het ervaar dat wat by SA aan die oostekant groei, ook by Australië oos groei, bv suikerriet, ens.
Wat by SA wes groei, ook in Aus wes, bv graan en druiwe. Dalk is dit oor die klimaat?
Makadamias in doppe is heerlik. Ek hoop dis dit watvek koop. Klaar gebak en gesout. Die geheim? Jy sit die neut met dop en al in jou mond, suig eers die lekker sout af, byt dit dan middeldeur, haal die dop uit jou mond en eet die heerlike neut. dis ‘n lieflike soutsmaak.
LikeLike
Sjoe, Toortsie, jy is seker reg, dit het met klimaat te doen. Laat ek dus weer daarna kyk. Kan mens die dop oopbyt? Dit is baie hard.
LikeLike
Dis nou n goeie stuk inligting. Daardie doppe is so hard dat mens slaan hom met n hamer en dan moet jy so hart kap dat jy die arme neut pap slaan.Eendag n sakkie gekoop omdat dit nie te duur was maar ek het op einde nie veel daarvan kon eet nie. As mens so die doppies tussen jou tande knars is dit gladnie aangenaam nie. Hul bly egter lekker. Dink jy hul het die doppe n bietjie oopgemaak voordat hul gebak is? Of het die dop dalk van die hitte oopgebars? Wonder maar net.
LikeLike
Ek verstaan nie mooi hoe dit werk nie, dus moet ek eers weer opsoek om te sê. Ek vermoed die sny wat gemaak word, word gemaak voordat dit gebak en gesout word. Anders verstaan ek nie hoe die sout smaak in die neut kom nie. Goed, ek het gekry. Australië het die maklik-oopmaak-proses in 2016 begin. En volgens hulle inligtingblad, https://trade.australian-macadamias.org/macfarms-easy-open-macadamias-a-cracking-innovation/ moet mens die sleutel gebruik om te lig eerder as draai. Vir my werk draai perfek. Ek neem aan die wat ons kry, kom van Sjina af. Omdat dit helfte kos van die prys in dollar. Damn. Want ek is nie van plan om weer Sjinees te koop voor SA op sy voete is nie, dus gaan ek nie weer hier koop nie.
LikeLike
Het ook vermoede dat dit soiets is. Kan wees dat die dop oopbars met hitte en dan kan dit gesoet word. AS hul ryp word bars hul van nature oop om die neut of saad vry te stel.
LikeLike
Ek het skakel aangeheg, dit word oopgesny. Perfekte sny op elkeen, reguit. Geen bars nie, spesiaal gesny.
LikeLiked by 1 person