Ons stad raak al interessanter. Aanvanklik kon ek geen bokskoeke en -poedings opspoor nie, alles word hier van resepte af gemaak. En koekbak was een groot gesukkel, want ek moes eers leer wat meel, bakpoeier en koeksoda, gemmer en botter in Russies is. Botter lyk nie soos die botter wta ek ken nie.
En toe ontdek ek ‘n boks lawa poeding in A+ supermark die naweek, die een wat in die nuwe winkelsentrum oopgemaak het. Die boks met die mooi rooi en goue versiering het my aandag getrek. Is dit nie mooi nie?
Die produk is van Pudoff, soundit waarskynlik eerder as Pudow verengels, maar hulle gebruik Pudoff.
Die eerste Russiese woord onder die foto, лаба, lees soos Afrikaans: lawa.
Ek en manlief mag eintlik nie die bestanddele eet nie, maar ek moes net koop en toets. Dit voel so hemels om iets bekends en tog so onbekends in ons stad aan die noordoostelike hoek van Qazaqstan te vind.
Bekend, want ek dink Pillsbury se sjokolade koek is die lekkerste sjokoladekoek in die wye wêreld. Onbekend, waar ek verstaan geen woord op die boks nie, behalwe dat dit ‘n lawa poeding is, geen mens kan daardie prentjie nie verstaan nie. Behalwe natuurlik as jy nie weet wat dit is nie.
Die resep is agter op die boks.
En wonder bo wonder het die resep met Google Translate soos onder na Engels vertaal. Anders as in die geval van baie resepte, het dit redelik goed vertaal.
Mens kan uit die prente aflei wat om te doen, en jy kan ook hoeveelhede sien in die geskrewe gedeelted. Die simbool wat soos ‘n R kan lyk, is ‘n Russiese g, dus gram. Die simbool wat aan ‘n pi-simbool (Wiskunde) herinner, is ‘n L, dus ml. Maklik is dit nie, die Russiese alfabet verskil van ons s’n.
Lava Cake – a chocolate dessert with liquid filling. Appeared in the 19th century thanks to the occasion. According to legend, the cook took a chocolate cake from the oven and found that inside it was still liquid, like lava. The amazing taste of the melting chocola made it popular in the most exquisite restaurants in the world.
Preparation method:
1. Mix the mixture, 150 g of softened butter and 150 ml of hot water (90-95 ° C). Stir until smooth.
2. Fill the mixture with 4 molds (from the package) and place the oven. Bake for about 10 minutes at 200 ° C. preheated
3. Remove from oven, let stand for 3-4 minutes. Circle the edge of the dessert with a knife and turn each tin on a plate.
4. You can sprinkle with powdered sugar, add fruit or ice cream. Serve immediately – chocolate lava is excellent warm!
ENJOY YOUR MEAL!
Net weight: 250 g Weight of the finished dessert: 550 g Package content: 250 g of the finished mixture 4 baking dishes Pudoff Snronoryate–
Dit is wel nodig om die brein te laat werk om te verstaan hoe om te werk te gaan, soos in punt 1 en 2 afgelei kan word.
Ek weet nie wat ek sonder Google Translate sal doen nie.
Foto’s: My eerste poging, ek is nie so oulik met versier nie. Ons koop kersies hier in bottels, dit is verskriklik lekker. In die somer, koop ons vars kersies op die mark.
Lyk heerlik 💞
LikeLike
Dit is te lekker …
LikeLike