Vanoggend was daar nog niks en toe ek weer kyk, is die nuutste Sarie op die rakke. Dit is nou die een waarin my e-pos uit Kazakhstan gepubliseer is.
Etiket: Almaty
8-mere (8-lakes) vakansie-oord buite Almaty – ‘n juweel
Ek moet oor ons besoek aan hierdie vakansieplek vertel. Want Ust-Kamenogorsk het nie veel van toerisme geweet nie. En hierdie soort plek sal daar net so goed werk. Almaty ken darem die behoeftes van toeriste …
Lees voort “8-mere (8-lakes) vakansie-oord buite Almaty – ‘n juweel”Shymbulak – wêreldgehalte ski-oord by Almaty, Kazakhstan
Ek dreig so lankal om te vertel van hierdie pragtige ski-oord in die Zailiyskiy Alatau bergreeks wat agter ons woonstel die suidelike grens van Almaty ontwikkel is. As ek egter deur my foto’s begin blaai, weet ek nie wat om te vat en te los nie. Dus gaan ek tog nou probeer.
Lees voort “Shymbulak – wêreldgehalte ski-oord by Almaty, Kazakhstan”
My 60ste sal ek nie lig vergeet nie …
17 Augustus 2020 was die een dag in my lewe wat ek so graag saam met my kinders wou vier. My 60ste verjaarsdag. Die Here het egter ‘n ander plan vir my gehad.
Lees voort “My 60ste sal ek nie lig vergeet nie …”As ‘n Covid-19 toets nodig is om terug te kom
Ons vlug was vir Sondagoggend, 4 Oktober om 4:45 bespreek en ons sou dieselfde middag land. Die Covid toetse mag nie meer as 72 uur oud wees vanaf die dag en tyd wat ons land nie. Drie dae. Ek wou die Donderdag al laat toets. Maar manlief en die HR bestuurder het uitgewerk ons moes dit Vrydagoggend laat toets.
Lees voort “As ‘n Covid-19 toets nodig is om terug te kom”Emirates bring ons in gerief huis toe
Manlief het sy werk in Kazakhstan so binne die inperkings voltooi. En ons kon huis toe kom. Dit was een stresvolle week of twee, want Suid-Afrika se grense was nog toe-erig.
Lees voort “Emirates bring ons in gerief huis toe”