Ek het hierdie artikel ‘n week voor ons uit Almaty is, begin tik. En so hier en daar verder daaraan gewerk. Ons is nou ‘n week en ‘n half terug in Suid-Afrika. Miskien moet ek dit net eers klaarmaak voor ek met iets anders begin.
Lees voort “Laaste week in Almaty”Etiket: Almaty
‘n Prettige oomblik in Kaz as ek nog deur die slaap is
Manlief het, so waar as wraggies, drie selfone – ‘n Suid-Afrikaanse een, ‘n Kazakh een waarvoor die werk ‘n sim gegee het en ‘n eie Kazakh een waarvoor hy ‘n sim gekoop het nadat hy hom so drie maande gelede bloedig vererg het [die besonderhede is vervelig, het te doen met limiete op rekenings as mense van die huis af werk, dus vertel ek nie]. Hy het net besluit dat hy sy eie foon nodig het. ‘n Kazakh ene.
Lees voort “‘n Prettige oomblik in Kaz as ek nog deur die slaap is”Op pad terug na my land, Suid-Afrika
Na sewe maande van mag nie na my land teruggaan nie, kan ek nie vir jou begin vertel oor die opgewondenheid om permanent huis toe te gaan nie. En dit is uiteindelik naby.
Lees voort “Op pad terug na my land, Suid-Afrika”Ek en my hemelhoë skoene …
Scrapy vra die ander dag dat ons oor skoene skryf, dus is hierdie weer deel van ‘n bloguitdaging.
Lees voort “Ek en my hemelhoë skoene …”My eerste haarsny in Kazakhstan
Ek wou nog nie my hare in Kazakhstan sny nie. Hoe gaan ek vir die vrou vertel wat ek wil hê? Hoe gaan ek beduie hoe lank dit waar moet wees? Ek het al vertel dat ek selfde uit ‘n haarsalon stap en met my hare tevrede is. Dit lyk wel mooi as ek uitstap, maar wanneer ek dit self moet hanteer, is dit ‘n perd van ‘n ander kleur.
Lees voort “My eerste haarsny in Kazakhstan”Om die bus te vat in Almaty
Ons moes bank toe, maar Dusty is mos verkoop. En manlief hou nie van taxi’s nie. Ek moet half saamstem.
Lees voort “Om die bus te vat in Almaty”