Daar is ‘n hele aantal iPad toeps beskikbaar wat onderwysers kan gebruik om opvoedkundige videos te maak. Ek het vandag op hierdie versameling afgekom en gedink dit is goed om dit in Afrikaans met onderwysers te deel. Ek het sommer ook my eie gunstelinge gedeel.
Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
Android toeps vir leerders wat probleme met lees en skryf ervaar
Die Universiteit van Edinburgh, Skotland, het in 2015 ‘n visuele dokument (android-apps-for-learners-with-dyslexia) geskep waarin verskeie toeps, wat gebruik kan word om kinders wat lees- en skryfprobleme ervaar te help, voorgestel word.
Lees voort “Android toeps vir leerders wat probleme met lees en skryf ervaar”
Reis in die gees: Sê vir Speak to Go waarheen jy wil gaan
Google se nuwe tegnologie, Speak to Go, maak dit tans moontlik om in die gees na plekke te gaan waarheen die vlees nie kan gaan nie.
Lees voort “Reis in die gees: Sê vir Speak to Go waarheen jy wil gaan”
Globale tegnologie erken Afrikaans
Afrikaans laat haar nie onderdruk nie, dit is juis dan wat sy mense verplig om van haar kennis te neem. In hierdie artikel verwys ek na drie groot internasionale tegnologie-huise wat hul tegnologie in Afrikaans beskikbaar stel, naamlik Google, WordPress en Firefox. Daarmee word professor AP Grove se voorspelling in 1981 dat ‘n taal, wat nie vir akademiese literatuur oplewer nie, gaan uitsterf, besweer.
Lees voort “Globale tegnologie erken Afrikaans”Huiswerk? Of nie?

Ek het ‘n Facebook-groep begin om onderwysers aan te moedig om bymekaar te leer. Alhoewel ek die onderwysers aanmoedig om hulle vrae daar te vra, kry ek gereeld privaatboodskappies waarin hulle my mening oor ‘n saak vra.
10 beste toepassings vir groot dokumente
Soms moet mens groot dokumente deel, maar weier jou rekenaar om dit te stuur, of jy kry ‘n foutboodskap van die ontvanger se eposstelsel omdat sulke groot lêers nie toegelaat word nie. Daar is egter ‘n aantal keuses beskikbaar om die probleem te oorkom. My top 10 keuses in alfabetiese volgorde word vervolgens bekendgestel.