‘n Ou gunsteling, aangepas om in my Thermomix gaar te maak.
Bestanddele
- 250g maalvleis
- 50g koekmeel
- 1 eier
- sout en peper na smaak
- 40g brood, gekrummel
- 1 ui
- 4g olyfolie
- 5 aartappels, geskil
- 250g bevrore groente
- 3 varkworsies
- 900g water
- 50g kaas, in blokkies gesny
- 20g room
- pietersielie
Metode
- Voeg water in die TM-houer
- Sny aartappels in groterige blokkies en plaas in die stoombakkie wat in die TM-houer pas
- Plaas bevrore groente in die stomer
- Meng maalvleis, uie, 25g koekmeel, eier, ui en brood, koekmeel sout en peper en vorm gholfbalgrootte balletjies
- Plaas balletjies in die rak van die stomer
- Maak gaar: 35 minute, Veroma, spoed 1
- Verwyder die stomer en toets of die aartappels gaar is. Indien nie, stoom nog 5 minute, Veroma, spoed 1.
- Verwyder stomer en stoombakkie
- Voeg 25g koekmeel, kaas, sout en peper by water in TM-houer
- Meng: 30 sekondes, temperatuur 70, spoed 5
- Gooi sous in sousbakkie
- Voeg gaar aartappels en room in TM-houer
- Meng: 3 sekondes, spoed 4
- Bedien warm, versier met olyfolie en pietersielie
Wenke
- Ek het frikadelle voor die tyd gemaak en gevries, maar nie ontdooi nie.
- Gebruik minder room om ‘n stywer aartappelmengsel te vorm.