Gepubliseer in Joernaal

Gemmer en dadelballetjies

Ek kan nooit ‘n resep toets en dit dan vir altyd net so maak nie. Dus eksperimenteer ek met variasies op dadelballetjies. Hierdie een is tans my gunsteling.

Screenshot 2018-11-23 at 14.26.49.png

Bestanddele

  • 250 gram dadels, in stukke gebreek
  • 100 gram Tennisbeskuitjies (halwe pakkie)
  • 100 gram Just Ginger Glazed Ginger
  • 10 gram klapperolie, die soort wat vir kosmaak gebruik word.

Metode

  1. Breek die Tennisbeskuitjies in die TM-houer
  2. Voeg die klapperolie by
  3. Maak die deksel met die meetkoppie toe
  4. Breek vir 3 sekondes teen spoed 5
  5. Maak oop en voeg die gemmer by
  6. Maak deksel met die meetkoppie toe en
  7. Breek vir 3 sekondes teen spoed 5
  8. Maak oop en voeg die helfte van die dadels by
  9. Maak deksel met die meetkoppie toe en
  10. Breek vir 3 sekondes teen spoed 5
  11. Maak oop en voeg die helfte van die dadels by
  12. Maak deksel met die meetkoppie toe en
  13. Breek vir 3 sekondes teen spoed 5
  14. Gooi in plat houer oor en maak klein balletjies
  15. Sit is lugdigte houer
  16. Hou oornag in yskas, daarna kan dit in koekblik gebêre word

Wenke

  • Gebruik klapper om die balletjies af te rond indien verkies
  • Die mengsel moet fynerig wees en maklik klou.
  • Indien die mengsel nie maklik klou nie, klop nog 3 sekondes teen spoed 5.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.