Ek het vanaand pap in my Thermomix gemaak en dit het heerlik uitgekom. Natuurlik wou manlief hê dat ek ‘n sous vir die pap maak, dus het ek my sous aangepas om in die TM-houer te maak.
Bestanddele
- 4-6 tamaties, baie ryp, in helfte gesny
- 1 groot ui, in helfte gesny
- 5g basielkruid
- sout en peper na smaak
- 10g Balsatiese asyn
- 10g bruin suiker, opsioneel
- 15g Maizena, aangemaak in ‘n bietjie water
Metode
- Plaas tamaties in TM-houer
- Voeg res van bestanddele by, behalwe Maizena-mengsel
- Kook: tyd 4 minute, temperatuur 100 grade, spoed 2
- Voeg Maizena-mengsel by
- Kook: 2 minute, temperatuur 100g, spoed 2
- Bedien saam met pap.
Wenke
- Bêre sous in yskas vir latere gebruik
- Geskik vir sous op pizza.