Gepubliseer in Reisjoernaal

Toe verskil ons wors en Kazakhstan s’n nie so baie soos ek gedink het nie …

Ek het al vertel dat mens vleis in Kazakhstan baie anders as in Suid-Afrika koop. Jy koop dit by die mark – Fresh Market – direk van die boere af. Daar is afdelings vir bees, skaap, hoender en perd – en in sommige van die markte is ook afgesonderde hokkies vir vark – hulle is Moslems, maar baie eet wel varkvleis.

Lees voort “Toe verskil ons wors en Kazakhstan s’n nie so baie soos ek gedink het nie …”
Gepubliseer in Reisjoernaal

‘n Droom oomblik op Kazakhstan koppie in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen)

Hierdie foto is op 16 Mei 2020 geneem, een van die eerste naweke nadat Kazakhstan ons weer toegelaat het om ons huise te verlaat. Kazakhstan en Suid-Afrika so saam-saam middel Maart 2020 besluit om hulle bevolkings binnenshuis te beperk om die verspreiding van die SARS-CoV-2 virus te beperk.

Lees voort “‘n Droom oomblik op Kazakhstan koppie in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen)”
Gepubliseer in Joernaal

Ons is te besig om huis te groet …

Ek was van Donderdag af stil. Doodstil. Want ek het ‘n wilde naweek agter die blad. En ek voel vandag eers half mens. Steeds doodmoeg. Miskien omdat ek die hele dag gesukkel het om ‘n artikel vir ‘n bloguitdaging te skryf. Nou goed, nie die hele dag nie, maar tot naby 11 uur nadat ek net na vyf al begin het. Omdat die blok-redigeerder van WordPress ‘n nagmerrie is. In my boek voel dit soos ‘n hele dag.

Lees voort “Ons is te besig om huis te groet …”
Gepubliseer in Akademies

Blinde eweknie-beoordeling – ‘n interessante proses

Maandag kry ek weer ‘n boodskap van ‘n wildvreemde professor van ‘n iniversiteit waarvan ek nog net gelees het in my inboks – sal ek vir ‘n internasionale vaktydskrif ‘n eweknie beoordeling doen? Ek kyk na die ou e-posadres wat gebruik is en wonder hoe hulle op my afgekom het. Maar die titel trek my soos ‘n magneet – eportefeuljes.

Lees voort “Blinde eweknie-beoordeling – ‘n interessante proses”