Gepubliseer in Bloguitdagings

Kersfees in Julie in Rebusfontein …

Ek weet daar is mense wat kersfees in Julie vier, en dit is miskien presies wat ek hierdie jaar met my kleinkinders moes doen. Want daar is ‘n groot moontlikheid dat ek nie kersfees saam met hulle gaan wees nie. In blogland is daar egter ook mense wat kersfees in Julie vier – naamlik 14 vrouens wat hulself as die Goue Vroue gedoop het omdat elkeen van ons iets gouds aan ons het. En dit is juis hierdie winter kersfees wat tot hierdie bloguitdaging aanleiding gegee het.

Lees voort “Kersfees in Julie in Rebusfontein …”
Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal,Tegnologie

Uiteindelik leer ek my Pentax K20D ken

Ek het in Januarie 2010 vir myself ‘n Pentax DSLR kamera gekoop. Of liewer, my suster het hom namens my in Amerika gekoop. Ek was nogal ontevrede, want sy het besluit dat ek nie die gewone lens nodig het nie en so onderhandel dat ek eerder ‘n teleskooplens kry. Sy teleskopiese lens kan tot 250m infokus om my te help om goed baie nader te bring. Maar waarvoor sou ek dan soveel wou hê?

Lees voort “Uiteindelik leer ek my Pentax K20D ken”
Gepubliseer in Joernaal

Waarom lees jy my blog?

Ek lees die naweek ‘n mede-blogger se artikel oor blogging. Wat sal die regte Afrikaans wees? Ek dink nie ek hou van ViVa se “werfjoernalis” vir blogger nie, my blog is nie ‘n werf nie. Werf het ‘n ander betekenis as jy op ‘n plaas grootgeword het. Daar is nie ‘n voorstel vir blogging nie. Ek gaan sommer net blog en blogger en blogging gebruik. Alhoewel hierdie blog my persoonlike joernaal is.

Lees voort “Waarom lees jy my blog?”