Dit is nie die eerste keer wat ek van hulle gebruik maak nie, maar ek het nog nie oor hulle geskryf nie. Dus gaan ek dit vandag eers gou doen.
Lees voort “The Courier Guy”Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
Hartbeespoortdam, Suid-Afrika
Ek het al ‘n hele paar keer daarteen gestry dat ek ‘n reisiger is. As ek egter deur my foto’s blaai, kan ek nie anders as om te dink dat ek wel een is nie. Maar, dit moet ek dadelik byvoeg, ek is die soort wat die omgewing om my verken, eerder as om uit ‘n tas te leef.
Lees voort “Hartbeespoortdam, Suid-Afrika”Alasha restaurant – ‘n belewenis in Almaty
Tydens ‘n besoek aan Almaty (Kazakhstan) in 2019 het ek opgelees oor restaurante in Almaty. En Alasha het my aandag getrek. Ek het na die webwerf gegaan, gehou van wat ek gesien het … en so is ek en manlief daarheen om die plek te beproef.
Lees voort “Alasha restaurant – ‘n belewenis in Almaty”Ek kyk vir ouma se boude …
San, een van my blogvriendinne, vra dat ons skattighede van ons kleinkinders deel, die meeste van my bligvriendinne is reeds oumas. Daar is soveel skattighede, ek het geen idee waar om te begin en wat om te kies nie. Ek is darem al tien jaar ouma en met vier seuntjies is daar baie skattighede.
Lees voort “Ek kyk vir ouma se boude …”Hy is toe al die tyd ‘n ongure karakter …
Het jy iemand al soveel vertrou dat jy hom met jou persoonlike lewe ook vertrou het, net om later agter te kom dat hy (of sy) ‘n skurk is? Wel, ek het. En ek moet seker nie verbaas wees nie, want ek is geneig om mense die voordeel van die twyfel te gee …
Lees voort “Hy is toe al die tyd ‘n ongure karakter …”My hart pyn …
My hart pyn … Moet ek dit oorvertel? Gaan jy my glo? Ek is werklik ongelukkig. Dalk moet ek dit net uit my gestel skryf? Dit is mos my persoonlike blog. Nou wonder jy seker waarom my hart pyn? Laat ek dan vertel …
Lees voort “My hart pyn …”