Vandag kyk ek die drie van my so en besluit dat hulle moet bad. Dit is koud buite, maar warm in die huis vandat ek my fobie oor warm huise en koue buite laat vaar het.
Lees voort “Winterbadtyd en die Schnauzers”Kategorie: Woefkinders
My woefkinders en hulle lewe saam met ons.
Foto-storie #12
Hierdie foto vat my 10 jaar terug en ek kan nie glo die tyd het so gevlieg nie.
Lees voort “Foto-storie #12”My Shilo Schnauzer is nie meer Shy-lo nie …
Ek het al vertel dat ek Rogz harnasse vir my woefkinders gekoop het. En dat dit my ‘n arm en ‘n been gekos het. Maar die harnasse is pragtig pragtig en beslis duursaam. Die knippe het selfs ingeboude slotjies en natuurlik ‘n handvatsel soos ‘n tas.
Woefkinders en onaangename reuke
Hierdie storie is so effens onder die belt, blaai dus asseblief verby as dit jou gaan pla. Dit is vir my baie snaaks en ek wil dit eendag kom lees en onthou …
Bewerasie by Mams Mega Stop in Vryburg
Ons was die naweek rivier toe, dan ry ons oor Vryburg, Schweizer Renecke, Wolmaranstad en Leeudoringstad na Bothaville. So vier ure se ry, wat ons met ‘n pitstop by die Mams Mega Stop net anderkant Vryburg onderbreek – soontoe en ook terug.
Kragonderbreking maak ons inbrekers …
Sondagmiddag toe ons tuis kom, is ons nie lus om dadelik Spar toe te gaan nie, dus rus ons eers. So naby ses besluit manlief dit is nou of nooit, ons moet goedjies vir sy kosblik gaan koop. En, soos die gewoonte die laaste tyd is, moet ek saam.