Vandag kyk ek die drie van my so en besluit dat hulle moet bad. Dit is koud buite, maar warm in die huis vandat ek my fobie oor warm huise en koue buite laat vaar het.
Ek het mos in Kazakhstan geleer dat mens uit jou huis wat so 25 grade Celsius is na buite se -38 grade Celsius kan stap. Sonder om te verkluim of doodsiek te raak. Inteendeel, ek dink daar is logika daarin om huise snoesig te hou.
Volgens my pa kan my skoene of baadjies of jasse my nie warm maak nie. Dit ken net hitte binne hou. As ek dus sorg dat my lyf warm is, kan ek maar met ‘n jas of baadjie uitgaan. Dit sal die hitte van my lyf behou en so seker maak dat ek nie koud kry nie.
Toe ek die bottel met pienk hondesjampoe in die kamer vat, kry BB koers. Sy weet wat vir haar wag.
Shilo en Bekka kom niks agter nie. Toe lok ek die groepie maar eers kwaai tot in my kamer, maak die deur toe en toe kan ek hulle bad. Hulle dink mos dat ons vier gaan slaap as ons kamer toe gaan …
Bekka staan by my, hy weet om weg te hardloop gaan nie help nie. Dus word hy eerste gebad. Vandag het ek besluit om van my hare se versagmiddel aan te sit, om die haartjies lekker te laat ruik. Bekka staan maar gedwee, maar toe ek hom uittel en afgedroog het, gaan hy mal. Blaf en knor en hardloop rond. Sy beurt om te wys dat hy baie tevrede of ontevrede is met sy skoon hare.
Shilo weet sy beurt kom en hy staan maar stil dat ek hom in die bad tel. Staan stil dat ek bene optel en voete was en sommer ook so oor die magie. Te lekker, sy ogies sê hy geniet die vertroetel baie. Hy is waardiger as Shilo toe hy afgedroog is. Draf net hier en daar en oral. Knor en blaf nie uitgelate nie.
Maar BB is weg. Kruip in die verste hoek van die kamer agter ‘n tafeltjie weg. Asof ek haar nie daar kan sien nie. Sy moet bad toegedra word, sal beslis nie self loop nie. Maar ook sy staan dan stil om gebad te word. Haar pootjie gly onder haar uit en sy was amper kop onder water, maar sy staan ewe vroulik weer op en wag dat ek haar klaar bad.
Ek wou hulle eers laat dripdroog op die stoepie in die son, maar toe voel ek hoe koud die wind hulle haartjies maak. Daarom het ek die haardroër gaan haal en hulle sonmer so by die verwarmer in die woonvertrek drooggeblaas.
Bekka is mal daaroor, staan eerste reg en druk tussen die ander twee en die haardroër in as ek hulle droogblaas. Te oulik.
Vanaand het ek die hare gekam. Dit is ‘n hele gedoente, want die veldgras in die agterplaas het sulke plakkerige saadjies wat aan alles plak. My tekkies, my kouse en enige iets wat daar naby kom. Dus aan hulle beenhaartjies ook. Dit kam darem maklikerig uit.
So sit ek vanaand en TV kyk terwyl ek die kinders se beenhare kam. En dink aan die tyd toe ek saam met die Goue Vroue blogvervolgverhale geskryf het. Een daarvan was die sirkus op Rebusfontein …
Una, onthou jy nog jou lang beenhare wat jou vir die sirkus gereed gemaak het? Ons het so lekker daaraan geskryf dat daar ‘n tweede rondte was. Eers moes ek die sosiale media hanteer. En toe ‘n rok vir die geleentheid kies. Ek sal steeds graag so ‘n sexy rokkie wil dra. Maar Kuruman is nie goed vir my lyf nie …
Ewenwel… hulle hare is lank genoeg. Die sirkus kan hulle dalk graag wil kry. Maar – ek dink eerder hulle sal geskou kan word met hulle haredos.
Shilo lê uitgestrek op die bank dat ek sy beenhare kam. Dit is nou die bank waarop hy nie mag klim nie. Ek dink hy verstaan dat ek die plakkerige saadjies verwyder. Ek kan die hare op kam en af kam. Heen en weer. Selfs so klein bietjie trek. Hy is in ‘n sewende hemel.
Bekka kom lê vir sy beurt, maar byt na die borsel as ek sy hare per ongeluk trek. Dan waarsku ek hom dat hy gaan jammer wees as hy my raak byt. En lê hy met die oopgetrekte mondjie, so asof hy niks bedoel het nie. Ek is seker ek het al vertel dat hulle massiewe tande het vir sulke klein lyfies.
En BB? Siestog, sy het op die kussing ver van my af gaan lê. Agter die bank.
Ek sal haar haartjies môre kam.
Genugtig, ek tof nie so lank nie en ek was nie eens met my dogter so lank besig met hare nie … Wat mens alles vir die kinders sal doen …
Maar die haartjies lyk weer mooi.
Tot hulle buite kom.
Hulle wou sowaar na die bad buitentoe gaan. Gedink ek weet nie wat hulle planne is nie. Daar rol hulle op die gras om droog te raak.
Dit kon hulle eers doen toe ek hulle mooi droog gehad het. Want hierdie mensma is die skoonmaker ook. En dit raak winter, hulle dra gras in die huis in.
Daarna kon ek eers gaan bad en hare was.
Ek sê jy is vandag vir manlief ek was soort vn nog nooit tevrede met ‘n haarsny nie. Tot daardie Russiese meisie in Almaty my hare gesny het. Sy was die hele middag besig, so het dit gevoel. Maar my hae groei perfek uit, het na sewe maande steeds nie regsny nodig nie. Dit is ongelukkig beslis te duur om Almaty (Kazakhstan) toe te vlieg om my haar te laat knip.
Ek moet wel my kuif gereeld korter sny. Anders hang dit soos draadjies oor my oë. Dit is egter iets wat ek al toe oë kan doen.
My Dawiehond hardloop rond na sy bad en droogmaak , want hy hou van die wind in sy sagte haartjies.
LikeLiked by 1 person
Ek neem aan dit is waarom dit vir hulle lekker is, dankie, Appeltjie. My rug is af nadat ek die drie gebad en geblaas het. Ek dink ek het oplossing gekoop, sal later kan vertel of dit werk. Dit is koud by ons.
LikeLike
Dit klink omtrent na ‘n gedoente om al drie gebad te kry!
LikeLiked by 1 person
Dit ios, hoor. Hulle vergeet dat ek nie meer so buigsaam is soos aan die begin nie.
LikeLike
😃
LikeLiked by 1 person
Die honde kinders darem, ek moet hierdie worshond van my ook binnekort betrek. Myne is woes, sodra hulle kan wegkom gaan rol hulle in die stof en grond. Jou pa se woorde was darem maar oor die binne hitte hoor. Die ou toppie weet waarvan hy praat!
LikeLiked by 1 person
Dit is waar, Maryke, hulle het dit tydens grootwordjare aan die bas leer ken. Vandag se kinders gaan eers uit as die dag al lankal gebreek het – toe was my pa dan al lankal in die land. Om daarna skool toe te kan gaan.
LikeLiked by 1 person
Oe jitte, dit was bedoel as kommentaar op my resensie van Die byl. Ek skuif.
LikeLike
Ek Sal gaan loer, blyk na iets wat ek ook op saamstem, as ek net my site vetanderinge kan klaarmaak 😇
LikeLiked by 1 person
Geniet dit, dit vat nogal tyd en aandag.
LikeLike
ek het nou perfekte ene gekry vir my fotografie by, maar dis nie mooi site as sulks nie, Ek moet dit my pizzaz gee, so eenvoudig soos wat my pizzaz en ek is – is dit vir jou stadig oor die klippe
LikeLiked by 1 person
Jy sien altyd vir baie kans! Ek kan nie eers een hond bad nie. Ek het só lekker gelees!
LikeLiked by 1 person
Jong, ek het die lat vir my eie bas gekoop. Manlief het sterk daarteen geskop dat BB babas kry, dat ek van die babas hou en toe hy weer sien is daar ‘n Husky en vyf Schnauzers in die erf. Hy is nadat ons in Kaz gebly het net so lief vir hulle soos ek.
LikeLike
Gelukkige woefies om by so ‘n mamma en pappa te land!
LikeLiked by 1 person
Dankie, San. Hulle is ons kinders, ons neem min besluite sonder om hulle in ag te neem.
LikeLike
😍
LikeLiked by 1 person