Gepubliseer in Woefkinders

Foto-storie #12

Hierdie foto vat my 10 jaar terug en ek kan nie glo die tyd het so gevlieg nie.

BB saam op vakansie na die Kaapse kus

Seun, skoondogter (aanstaande toe) is saam met ons Kaap toe, ons wou gaan plaas koop by die see. En toe het ons nie. Dit was egter ‘n baie lekker vakansie, en BB was saam met ons. Ek sal moet dink wat die strand se naam was, maar dit is naby Wildernis, ons het in daardie rigting gesoek.

Sy was nog so klein, my babatjie. Die woonstelle het gesê geen troeteldiere nie, maar BB is mos nie ene nie?

Toe gaan sy saam.

Sy het haar lieflik gedra, ons het haar in haar pienk dramandjie gesit en so strand toe gestap. Met my hand by haar koppie, dat sy verstaan dat sy moet stil wees as mense verby kom. En sy was baie gehoorsaam – was die hele tyd stil – tot op die strand. Sy was dan hoeveel keer so saam met my in die winkels …

As ‘n winkel BB nie wou toelaat nie, het ek ook nie daar gekoop nie. Ek was nogal erg oor die BB kind van my. Siestog, sy kon mos nie alleen tuis bly nie?

Dit was koelerig en die wind het deur haar haartjies gewaai. En die seewater het dit taai en onbeheerbaar gemaak, soos my eie hare.

Lieflike herinneringe aan ‘n dekade waarin die poppie ons lewens verryk.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

14 gedagtes oor “Foto-storie #12

  1. my dawiehond gaan sê vir al die bure hello sodra hy kan. nou het ons sy uitkomplek gekry en dit toegemaak. wil nie hê iemand moet hom optel nie. hy sal eenvoudig saamgaan. lief vir almal.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.