Ek het hierdie blog op 15 Augustus begin. En vandag eers klaar gemaak. Nadat Toortsie gesê het dat ek haar tot ‘n inskrywing oor blogland geïnspireer het. Voordat ek hare lees. Om te kyk hoe ons twee en ander blogmaats oor blog voel.
Lees voort “Wat maak blogging anders as ander sosiale media?”Kategorie: Tegnologie
Persoonlike ontwikkelingsnetwerke
Die mens is nie ‘n eiland nie, selfs al dink sommiges van ons dat ons eerder alleen in ‘n berg wil bly as om deur mense omring te word.
Lees voort “Persoonlike ontwikkelingsnetwerke”Broodbakdag in Qazaqstan: ‘n Thermomix resep vir brood
Verlede week kry ek die blink plan oor hoe om brood in Qazaqstan vars te hou. Voorheen het ek twee keer gebak, maar die helfte van die brood word weggegooi omdat dit oud is. En ek doen nie al daardie moeite om brood weg te gooi nie. Dus het ek intussen vetkoek gebak en twee-twee gevries om dit vars te hou. So het ek vars vetkoek vir drie dae lank op die tafel gesit voordat ek weer moes bak.
Lees voort “Broodbakdag in Qazaqstan: ‘n Thermomix resep vir brood”‘n Ondersoek na die tegnologiese-pedagogiese-en-inhoudkennis waartoe die Arend-toep toegang verleen
So dankbaar dat hierdie artikel deur die proses is en so pas aanlyn gepubliseer is.
Lees voort “‘n Ondersoek na die tegnologiese-pedagogiese-en-inhoudkennis waartoe die Arend-toep toegang verleen”Ek en RSG en alternatiewe vir melk
Ek het klaar verduidelik dat ek stilte om my nodig het om te funksioneer. Daarom het ek eers verlede week die vreugde van Airpods ontdek. En as ek nie nou in my spoor begin trap nie, gaan ek een van die dae permanent met die goedjies in die ore rondloop.
Lees voort “Ek en RSG en alternatiewe vir melk”Om te like of nie
Ek kry vanoggend hierdie boodskappie (sien foto) van my sus wat altyd vir my die mooiste, oulikste sêgoed aanstuur. En daarom wil ek vandag spesifiek oor verhoudings op sosiale media gesels.
Lees voort “Om te like of nie”