Kry ek nie nou ‘n lekker verrassing nie? Google is 19 en as mens op die drie-hoekie speel-ikoon in die loga van vandag kliek, kan jy speletjies speel.
Kategorie: Tegnologie
Moeg om te tik? Laat Google namens jou tik!
Gebruik die Speech Recognition SoundWriter byvoeging om gesproke woorde in geskrewe teks te verander.
Effektiewe metodes vir Google-soektogte
Google is my gunsteling soekenjin en help my om inligting vinnig en maklik op te spoor. Ek hou veral van die feit dat die bronne wat die meeste geraadpleeg word bo-aan die lys verskyn omdat dit my help om die bronne te sif om die regte inligting te verkry. ‘n Paar jaar gelede is Google nie as ‘n bron vir akademiese navorsing erken nie.
‘n Apple-groupie is ek beslis
As tegnologie besonder duur is, is mens geneig om te dink dat dit eintlik maar vir die yappies onder ons bedoel is. En dan kom jy eers, soos ek, later in jou lewe agter hoe ‘n wonderlike groep mense saamwerk om die groep produkte in perfekte harmonie te laat werk.
Gee toestemming dat alle lede van ‘n besigheidserekening Google Allo mag gebruik.
Google Allo kan jou aan belangrike afsprake herinner, maar dan moet jy haar toestemming gee om dit te gebruik. As jy ‘n Google besigheidsrekening het, kan jy as volg te werk gaan om die nodige toestemming te verleen.
Lees voort “Gee toestemming dat alle lede van ‘n besigheidserekening Google Allo mag gebruik.”
So maak jy jou Safari (iMac) weer ‘n Ferrari …
Die afgelope twee weke wou ek my polse sny oor hoe stadig my rekenaar laai. In die tyd, wat dit geneem het om een bladsy te laai, kon ek twee ander dinge doen. Soms selfs gaan koffie maak en terugkom voordat die webbladsy klaar gelaai het.