Kry ek nie nou ‘n lekker verrassing nie? Google is 19 en as mens op die drie-hoekie speel-ikoon in die loga van vandag kliek, kan jy speletjies speel.
Sodra jy daarop kliek, kan jy ‘n spinwiel sien
Kliek op die wiel sodat hy kan draai om vir jou ‘n speletjie te kies.
Jy moet op Click to Play kliek om te speel, anders kan jy die wiel weer laat draai om ‘n ander speletjie te kry.
Ek het eers die krieket een gekry en lekker gespeel. Nou het ek die slangetjie een gekry, maar ek is nie vinnig genoeg om te keer dat die arme slangetjie sterf nie.
Lekker speel. Google verbaas mens gereeld met hulle oulike idees!