Gepubliseer in Tegnologie

Moeg om te tik? Laat Google namens jou tik!

Gebruik die Speech Recognition SoundWriter byvoeging om gesproke woorde in geskrewe teks te verander.

Maak jou Chrome webblaaier oop en volg die volgende stappe:

  • Skep ‘n nuwe Google dokument of maak ‘n bestaande een oop
  • Kliek op Byvoegings (boonste kieslys van Google Docs)
  • Tik Speech Recognition in die soekbalkie
  • Kliek op die blou Gratis knoppie om dit by te voeg (Myne is groen omdat ek dit reeds gedoen het)

Screen Shot 2017-09-17 at 6.57.04 nm.

  • Kliek weer op Byvoegings (Google Dokumente kieslys)
  • Kliek op speech recognition
  • Kliek op start

Screen Shot 2017-09-17 at 6.59.22 nm.

  • Kliek op die taalikoon

Screen Shot 2017-09-17 at 7.00.26 nm.

  • Kies jou taal (Afrikaans is daar!). As jy Engels verkies, kan jy selfs ‘n dialek kies, byvoorbeeld Suid-Afrikaans.

Screen Shot 2017-09-17 at 7.01.29 nm..png

  • Jy kan ‘n reeks bevele kies
  • Kliek op Save om jou instellings te stoor
  • Kliek op die rooi sirkel om te begin om jou stem op te neem

Screen Shot 2017-09-17 at 7.03.19 nm.

  • En dit is wat sy namens my getik het. Ek moet byvoeg dat daar baie lawaai rondom my was en sy het my steeds goed verstaan.

Screen Shot 2017-09-17 at 7.08.35 nm..png

  • Ek is beïndruk met die spelling van reël, toepassing, baie en dankie.
  • Raad:
    1. Ek gebruik nie punktuasie nie, ek voeg dit in wanneer ek proeflees
    2. Ek voeg self lyne by om nuwe paragrawe te skep.
    3. Google leer vinnig, hoe meer jy dit gebruik, hoe beter verstaan sy jou!

Vir nou is ek baie beïndruk! Sy verstaan my dialek en kan selfs “reëls” reg spel. Ek is ook beïndruk daarmee dat Google Afrikaans as ‘n belangrike taal ag.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Een gedagte oor “Moeg om te tik? Laat Google namens jou tik!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.