Gepubliseer in Tegnologie

‘n Apple-groupie is ek beslis

As tegnologie besonder duur is, is mens geneig om te dink dat dit eintlik maar vir die yappies onder ons bedoel is. En dan kom jy eers, soos ek, later in jou lewe agter hoe ‘n wonderlike groep mense saamwerk om die groep produkte in perfekte harmonie te laat werk.

My eerste Mac produk was ‘n groterige ipod, wat my man vir my saam moes bring toe hy sonder my in Kanada na ‘n myn gaan kyk het. Vir lank het dit by musiek gebly, tot ek my eerste MacBook in 2007 gekoop het. Sedertdien het ek verskeie produkte uit die stal aangeskaf – ‘n iPad, ‘n MacBook Air, met haar verligte sleutelbord wat dit moontlik maak om in swak lig ook te kan werk, iPhones vanaf die 5-7 reekse, die groot iMac en ‘n Apple horlosie. Elkeen van hierdie produkte het ‘n sagte plek in my hart.

Onlangs kon ek kies of my horlosie my rekenaar kan oopsluit as ek naby is. Om een of ander rede werk dit nie met die iMac nie, ek dink ek moet nog eers iewers toestemmimg gee. Die Mac Air is gewoonlik in haar sak tot ek weer iewers heen gaan, dus het ek al so bietjie vergeet van die horlosie wat my rekenaar kan oopsluit sonder dat ek die kodewoord moet insleutel. Die naweek, toe ke my Mac Air weer aanskakel, var sy my ommy horlosie oop te sluit. Net daarna is daar ‘n beweging op my arm en ‘n geluid wat amper klink soos ‘n slot wat oopgesluit word. En voor my oë maak my Mac Air haarself oop sodat ek kan werk.

‘n Ander wonderlike funksie is Apple Maps. As ek die toep gebruik om iewers heen te gaan, lig sy my in waar ek my kar geparkeer het. So kan ek my kar weer maklik kry. Dit is ook aangenaam om na ‘n vreemde plek te ry as ek die kaarte gebruik omdat my horlosie my op die arm tik en ‘n geluid soos ‘n flikkerligskakelaar maak met ‘n pyl wat my wys na watter kant ek moet draai. So ry ek selde verkeerd, maar daar is tog ‘n paar vreemde strate in Johannesburg wat veroorsaak dat ek soms wel die verkeerde een van twee kies. Dit is egter mos nie ‘n probleem nie. Sy skryf egter nie soos my Garmin op haar gesiggie dat sy besig is om sateliete te bekom nie, ‘n nuwe pad word net vinnig gesoek sodat ek wel uitkom waar ek moet wees.

My iMac laat my soms dink dat ek oorreageer het en dat die kleiner boetie ook goed sou wees. Maar, as ek twee dokumente langs mekaar kan sit en beide maklik kan lees, dan weet ek dat dit tog die moeite werd was om die besluit te neem.

Een van die vreemdste dinge wat my Apple horlosie kon regkry, is om my te kry om gereeld te oefen. Dit is nie maklik om my stadige hartklop vanaf dikwels onder 60 tot meer as 100 op te jaag om Discovery Vitality punte te verdien nie, maar ek doen dit sowaar. En die resultate is dadelik op my foon en rekenaar opgelaai, ‘n eienskap wat my motiveer om weer te gaan oefen.

My foto’s is op al my rekenaars beskikbaar omdat hulle deur middel van die wolk na al my toestelle gestuur kan word. Lekker, maar sal wel probleem wees as ek nie genoeg data per maand aankoop nie.

Daar is net soveel redes om van ‘n Mac te hou. Ek het in die 10 jaar wat ek met Apple produkt werk, nog nie met ‘n virus gesukkel nie. My foon kan maar oud wees, dit voel altyd splinternuut omdat die programmatuur so ontwikkel word dat ouer fone ook nuwe bedryfstelsels kry sodar dit beskikbaar is. Miskien juis omdat Apple produkte van kwaliteit materiaal gemaak word.

Ek gaan dus begin om ‘n aantal videos te maak om mense te help om hulle Mac produkte beter te gebruik – en so in die proses sommer self leer om my produkte beter te gebruik. Hou dus hierdie spasie dop ….

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.