Gepubliseer in Tegnologie

Effektiewe metodes vir Google-soektogte

Google is my gunsteling soekenjin en help my om inligting vinnig en maklik op te spoor. Ek hou veral van die feit dat die bronne wat die meeste geraadpleeg word bo-aan die lys verskyn omdat dit my help om die bronne te sif om die regte inligting te verkry. ‘n Paar jaar gelede is Google nie as ‘n bron vir akademiese navorsing erken nie.

Tans bewys Google Scholar dat Google aan almal toegang tot akademiese bronne bied.

Tik enige woord in en Google bied binne sekondes miljoene resultate, daarom is dit nodig om ‘n aantal tegnieke aan te leer om Google te help om die resultate namens jou te sif.

Om sekere woorde uit te sluit

Indien jy inligting oor leeus soek, wil jy nie inligting oor Robbie se leeuloop kry nie. Om te verseker dat jy net inligting oor leeus kry, kan jy die minusteken (-) vooraan Leeuloop plaas om Google te help om die resultate te sif, byvoorbeeld:

leeus -leeuloop

Jy sal merk dat al die inligting spesifiek oor leeus handel.

Om ‘n perfekte pasmaat te vind

Soms wil jy resultate kry wat presies by jou soektog pas. In so ‘n geval kan jy die woorde wat jy wil gebruik in aanhalingstekens plaas, byvoorbeeld:

“Akademia”

Jy sal merk dat al die inligting spesifiek oor die Afrikaanse Universiteit, Akademia, handel.

Om twee soektogte saam te voeg

jy kan die woord OR tussen twee sinonieme plaas om inligting oor beide te vind, byvoorbeeld:

  • resies OR maraton
  • hardloop OR resies

Jy sal merk dat jy inligting oor beide kry wanneer jy OR gebruik om so ‘n soektog te loods, maar dat elke bron afsonderlik aangebied word.

Om bronne te vind waarin meer as een woord gebruik word.

Jy kan Google vra om bronne te vind waarin twee of meer woorde in een bron gebruik word. Die soektog sal van jou voorkeure afhang, byvoorbeeld:

  • resies AND maraton (soos vorige punt, maar beide woorde is in een bron)
  • Deurlopende AND professionele AND ontwikkeling

Jy sal merk dat Google by bronne ook aandui dat een of meer van die woorde nie in die bron gevind kon word nie. Ek gebruik hierdie funksie gereeld om ‘n artikel wat in ‘n spesifieke jaar geskryf is, op te spoor.

Om plek te hou om meer inligting te verkry

Die sterretjie (*) word as ‘n wilde kaart beskou. Dit dien as ‘n plekhouer om meer inligting te vind, byvoorbeeld:

  • grootste * in Suid-Afrika
  • langste * in Amerika

As jy hierdie voorbeeld gebruik het, sal jy merk dat die resultate bronne bied waarin die die grootste stede, damme, riviere ensovoorts uitgelig word.

Om sosiale webwerwe op te spoor

Hierdie teken word gebruik om spesifiek sosiale bronne op te spoor, byvoorbeeld:

  • @Twitter bied lys van bronne oor Twitter
  •  @WhatsApp bied lys van bronne oor WhatsApp
  • @jou naam en van (kyk gerus wat dit oplewer ….

Om meer inligting oor ‘n webwerf te verkry

As jy meer inligting oor ‘n webwerf wil kry, kan jy die woord “info” vooraan die webadres intik, byvoorbeeld:

  • info solidariteit.com
  • info facebook.com (kyk gerus wat jy alles hier kan kry)

Hierdie tegniek is baie eenvoudiger as om na die webadres te gaan en daar te soek na die inligting wat jy nodig mag kry.

Om ‘n spesfieke webwerf op te spoor

Jy kan die woord “site” vooraan ‘n soektog plaas om ‘n spesifieke webwerf op te spoor, byvoorbeeld:

  • site gov.za (om ‘n lys van webwerwe te vind wat met gov.za eindig
  • site youtube
  • site Afrikaans om ‘n lys van Afrikaanse webwerwe te vind

Om soortgelyke webwerwe op te spoor

Jy kan die woord “related” vooraan tik om ‘n lys van soortgelyke webwerwe te vind, byvoorbeeld:

  • relatedYoutube.com

Ek het ‘n aantal ander probeer, maar dit gee ‘n mengelmoes van resultate. Hierdie voorbeeld gee egter selfs voorbeelde van video-webwerwe wat as beter as YoutUbe beskou word.

Om ‘n produk teen ‘n spesifieke prys op te spoor

Jy kan Google vra om vir jou ‘n produk teen ‘n spesifieke prys op ts spoor, byvoorbeeld:

  • Volkswagen CC R200 000
  • Bloekomolie+R1000

Hierdie soektogte kan jou sommer help om te verstaan of jy te veel of te min vir ‘n produk betaal het of vra.

Om ‘n reeks syfers te gebruik om ‘n bron op te spoor

Jy kan hierdie tegniek gebruik om byvoorbeeld ‘n produk te vind wat jou sal pas, byvoorbeeld:

  • kookolie+R30-R40
  • kamera+R500-R1500

Die resultate is nie altyd na wense nie, maar dit kan jou lei na die regte webwerwe waar die produkte wel beskikbaar is.

Ander metodes

Daar is natuurlik ‘n magdom ander maniere om vir Google te vra om te help soek, ek bied ‘n aantal voorbeelde:

  • Waar is Johannesburg?
  • Wat is ‘n galblaas?
  • Skoolvakansie in 2017 in Suid-Afrika
  • Net ‘n naam, byvoorbeeld Jan van Riebeeck

Samevatting

Google is ‘n wonderlike bron van kennis. Ons moet egter net altyd seker maak dat feite wat voorgehou word, ware feite is. Kies die bronne wat jy gebruik dus versigtig en geniet dit om Google die soekwerk te laat doen.

Gesels gerus saam as jy beter metodes gebruik, so leer ons saam.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Een gedagte oor “Effektiewe metodes vir Google-soektogte

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.