Tender African flower … ekke?

Ek en my Suid-Afrikaanse vriendin, Mia, gesels vanoggend so op WhatsApp oor ons vingers wat in ons handskoene koud kry. Handskoene wat ons in hierdie koue land gedurende die koudste maand sover gekoop het om ons vingers warm te hou. Dit moet tog werk? Dié wat ek by Cape Union Market in Suid-Afrika gekoop het, … Lees voort Tender African flower … ekke?

Sonvanger op Ys

So beskryf Pete, een van my blogvriende my onlangs in ‘n antwoord op een van my plasings. Sonvanger op Ys. Ek kyk so na die beskrywing en wonder so by myselwers of hierdie beskrywing gepas is. Is dit? Die op ys gedeelte is wel waar. Ons stad is sedert November 2019 ‘n stad met bevrore … Lees voort Sonvanger op Ys

‘n Geregistreerde pakkie vir my

Gister, toe ek by die vrou, wat die ontvangshokkie van ons woonstelblok beman, verbystap, groet ek vinnig en draai weg om by die deur uit te gaan. Sy herken my en klop hard en ongeduldig aan die venster wat ons twee skei. Ek is self haastig, het manlief so pas deur die glas van die … Lees voort ‘n Geregistreerde pakkie vir my

Drie vinnige weke in Suid-Afrika

Nee gits, ek gaan nie soos my blogvriendinne maak nie. So het ek gedink toe ek hulle gegroet lees, groete omdat hulle rukkie weg gaan wees want dit is Desembervakansie. Ek gaan kontak hou en gereeld plasings maak, soos ek die afgelope paar maande gemaak het. Toe nie! Pleks dat ek maar by my blogvriendinne … Lees voort Drie vinnige weke in Suid-Afrika

Sneeu in Ust-Kamenogorsk

Ek was vreeslik opgewonde om die eerste sneeu in Ust'-Kamenogorsk te sien. Die sneeu kom op twee maniere hier aan. Óf soos 'n bleekwit aaneenlopende wolk. Wat hoog bo die stad kom hang. Sodat mens die stad en sy liggies mooi teen 'n nagblou hemel kan sien. Dan sak die wasigheid af en af en … Lees voort Sneeu in Ust-Kamenogorsk