Daar is – vir my – min goed wat so mooi soos die see is. Alhoewel ons nie naby ‘n see bly nie, is daar duisende foto’s van die see op my foon. En hierdie foto wat ek vandag deel, is maklik een van my gusntelinge.
Lees voort “Golwe by Bondi strand, Sydney, Australië”Kategorie: Reisjoernaal
Hartbeespoortdam, Suid-Afrika
Ek het al ‘n hele paar keer daarteen gestry dat ek ‘n reisiger is. As ek egter deur my foto’s blaai, kan ek nie anders as om te dink dat ek wel een is nie. Maar, dit moet ek dadelik byvoeg, ek is die soort wat die omgewing om my verken, eerder as om uit ‘n tas te leef.
Lees voort “Hartbeespoortdam, Suid-Afrika”Alasha restaurant – ‘n belewenis in Almaty
Tydens ‘n besoek aan Almaty (Kazakhstan) in 2019 het ek opgelees oor restaurante in Almaty. En Alasha het my aandag getrek. Ek het na die webwerf gegaan, gehou van wat ek gesien het … en so is ek en manlief daarheen om die plek te beproef.
Lees voort “Alasha restaurant – ‘n belewenis in Almaty”Uiteindelik leer ek my Pentax K20D ken
Ek het in Januarie 2010 vir myself ‘n Pentax DSLR kamera gekoop. Of liewer, my suster het hom namens my in Amerika gekoop. Ek was nogal ontevrede, want sy het besluit dat ek nie die gewone lens nodig het nie en so onderhandel dat ek eerder ‘n teleskooplens kry. Sy teleskopiese lens kan tot 250m infokus om my te help om goed baie nader te bring. Maar waarvoor sou ek dan soveel wou hê?
Lees voort “Uiteindelik leer ek my Pentax K20D ken”Krabbelbloekoms se pragtige stamme
Ek loer vandag na Bushboy se foto’s wat hy vir Cee se “tree or part of tree” uitdaging ingeskryf het. En raai wat sien ek? Die stam van ‘n boom wat lyk asof iemand daarop gekrap het. Die foto is swart en wit, maar die gekrabbel trek my.
Lees voort “Krabbelbloekoms se pragtige stamme”Toe verskil ons wors en Kazakhstan s’n nie so baie soos ek gedink het nie …
Ek het al vertel dat mens vleis in Kazakhstan baie anders as in Suid-Afrika koop. Jy koop dit by die mark – Fresh Market – direk van die boere af. Daar is afdelings vir bees, skaap, hoender en perd – en in sommige van die markte is ook afgesonderde hokkies vir vark – hulle is Moslems, maar baie eet wel varkvleis.
Lees voort “Toe verskil ons wors en Kazakhstan s’n nie so baie soos ek gedink het nie …”