Ek het gister, op navraag van ons predikant in Suid-Afrika, ‘n brief aan ons gemeente in die RSA geskryf om hulle so bietjie oor die lewe hier in Qazaqstan in te lig. Soos altyd is daar mos na die tyd dinge waaraan mens dink, wat ook vertel kon word. Soos die dinge wat ons nog nie gedoen het nie.
Lees voort “So, wat het ek nog nie in Qazaqstan probeer nie?”Kategorie: Reisjoernaal
Brief aan ons gemeente: NHK Die Kruin
Vanoggend kry ek op Facebook ‘n boodskappie van ons predikant, Ds. Kobus Pienaar. Met ‘n versoek om so bietjie meer oor die lewe hier in Qazaqstan te vertel. Ons is steeds deel van die gemeente, selfs al gaan ons in drie jaar seker nooit daar uitkom nie. Omdat beide van ons, as ons iets sou oorkom, verkies dat ds. Pienaar ons begrafnisse sal lei.
Lees voort “Brief aan ons gemeente: NHK Die Kruin”Taalverwerwing in ‘n nuwe land
Die afgelope twee maande het ek my nogal vervies oor hoe stadig ek ‘n nuwe taal aanleer. Maar dan gebeur sulke oulike goed tussen groot mense dat mens van die moeilike aanleer van Russies vergeet en hardop in die straat aan die lag gaan, in so mate dat die mense om ons seker dink dat ons koekoes is.
Lees voort “Taalverwerwing in ‘n nuwe land”Braaivleis op ‘n piepklein stoepie in Oskemen
Na twee maande in ust’-Kamenogorsk moet ons doodeenvoudig self braai. Want braaivleis in die restaurante hier proe nie soos braaivleis soos ons dit ken nie. So stap ons van winkel tot winkel, lekker ver uit mekaar omdat winkels hier baie anders is as in Suid-Afrika, op soek na iets wat sal werk om self te braai.
Lees voort “Braaivleis op ‘n piepklein stoepie in Oskemen”Ons maak maar self biltong in Oskemen
Ons is nou amper twee maande in Kazakhstan en my man se lus vir biltong hang behoorlik uit. Die biltong masjien het saamgekom, maar toe word ons verras met vreemde vleissnitte. Kan nie sien of dit gebraai moet word of gekook moet word nie en die locals verstaan nie wat die probleem is nie.
Lees voort “Ons maak maar self biltong in Oskemen”Kleinkindpret by Sun City
Lief my kleinkindseuntjies baie!
Gister wil ek so bietjie op die Lazy River by Sun City se opblaasbande ry, maar sien nie kans om dit alleen dit alleen aan te pak nie. Dollatjie se oudste en middelste speel te lekker by die glybane en wil nie saam nie. Toe beraam ek maar ‘n plan.