Gepubliseer in Reisjoernaal

Braaivleis op ‘n piepklein stoepie in Oskemen

Na twee maande in ust’-Kamenogorsk moet ons doodeenvoudig self braai. Want braaivleis in die restaurante hier proe nie soos braaivleis soos ons dit ken nie. So stap ons van winkel tot winkel, lekker ver uit mekaar omdat winkels hier baie anders is as in Suid-Afrika, op soek na iets wat sal werk om self te braai.

Die voorbeelde wat vir ons gegee word as ons met ‘n groot gesukkel probeer verduidelik wat ons soek is onvoldoende. Ons soek nie ‘n elektriese plaat wat toevou en die vleis ten duurste braai nie, ons soek die idee van ‘n vuur sonder om ons bure uit te rook. Die idee van braai, sonder om te voel dit kon in die oond net so goed gebak het. En toe kry my man die oulike dingetjie in een van die winkels, op ‘n tweede verdieping waarvan ons nie geweet het nie.

Goedkoop elektriese braaitjie

Uiteindelik is my man in sy element. Gereed om ‘n vleisie op die babastoepie van ons woonstel op die 8ste verdieping van ‘n gebou op die elektriese “kole” te gooi.

Christa Van Staden se foto.
Ons babastoepie!


Dit wil gedoen wees as mens weet my man het hoogtevrees. Daai stoepie is te klein vir hom. Dit bring my sommer ook by die pragtige glase wat mens hier kan koop. Ek is baie erg oor mooi messegoed en glase en gaan dit waarskynlik stuk-stuk moet terugneem huis toe. Wie koop my gewone glase as hierdie glase nie veel meer kos nie ….

Christa Van Staden se foto.
My appelsap en sy bier

Ek drink appelsap, hy bier en hier is een van die eerste lande wara my man tevrede is met die bier en maklik weer gaan koop.

Ek twyfel of ons daar sal braai as dit winter is. Mens sal vries, dink ekke. Maar vir nou is dit beste oplossing omdat ons nie die bure bo en om ons mag uitrook nie.

Indien jy hierheen gekom het en die lus vir braai is ook groot, ons het die braai by Komfort gekoop. Oulike plekkie met baie oulike goed. Kan amper alles daar kry wat mens nodig het.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.